Verified Reviews
Kingsburgh
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kingsburgh
Rated 4.3 out of 5 based on 240 reviews.
"Kingsburgh is a great place for a vacation, I always go there when I want to visit the ocean."
"Strande van Winklespruit tot Warner strand was gesluit vanweë Ecoli. Volgens die mediabron, South Coast Sun is die strande alreeds vanaf November 2022 gesluit vanweë die hoë Ecoli-bakterieë tellings in die see en pogings van die stadsraad om dit oop te stel was aan en af. So vir die byna 10 dae wat ons daar was, was die strand taboe. So ongelukkig en met gròòt teleurstelling kon ons nie op die strand gaan stap of swem nie vanweë 'n walglike rioolreuk wat ook dikwels woonstel toe gewaai het sodat ons met geslote vensters moes sit. Ons het dus verskeie kere Scottsburgh toe gery, wat eintlik die hele idee van 'n plekkie binne strand-loopafstand gekanseleer het. Alhoewel die woonstel mooi is, moet jy dus katvoet loop vir die omgewing."
"Veiligheid gaan in die toekoms 'n faktor wees. Baie leeglopers en boemelaars om elke hoek en draai. Polisiering in strate baie swakker as in Durban. Oord self is veilig, maar strate het verseker risiko's wat misdaad aanbetref."
"Skoon en rustig, ek sal by die winkel bietjie meer goed hê en 'n vrieskas wat daar dalk soos wors verkoop."
"Gerieflik naby aan Durban en ander besienswaardighede geleë. Jammer dat ontoereikende inligting omtrent die strande nie behoorlik deugegee word nie Ons kon net Amanzimtoti in die onmiddelike omgewing gebruik. Die ander is onveilig of nie vir gebruik oopgemaak nie. En het toe Umhlanga toe gegaan. Dit was egter redelik maklik en ons besoek by uShaka was gerieflik. Groot Pick n Pay en Spar loopafstand vanaf eenheid."
"Die area is op 'n baie mooi plek geleë. Ons het veilig gevoel. Daar is baie CPF en sekuriteit orals gesien."
"Kingsburgh het 'n baie klein variance van goed wat jy kan doen. Die hoofstraat is meestal eetplekke."
"A good location for diving is Aliwal Shoal and Crocworld Nature Park."
"Lagoon langs Ocean Breeze het gestink en vuil water in die see geloop wat baie rommel op die stand laat uit spoel het, wat baie harsteer is. Anders is dit rustig en veilig."
"Out of the city and very close to the Galleria Mall, a lot of activities in the area and the beaches nearby are not overcrowded."
"As jy net wil lekker rus en ontspan is dit ideaal. Tieners sal dalk verveeld raak."
"Kingsburgh is ook gerieflik naby die inkopiesentrums en vermaaklikhede wat Amanzimtoti aanbied."
"Sal volgende keer in Kingburgh 'n plek boek, want die strande en winkels is skoner en beter."
"Just more facilities for kids. Even though we have the beach but who knows when it's gonna be ready. I spoke to the lifeguard and he advised that it could be years."
"Dis net moeilik om by see te kom. As dit nie vakansietyd is nie, is die strand baie verlate."