Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 2950 reviews.
"Toeriste-aantreklikhede het vir Suid-Afrikaners duur geword. Hier is baie om te sien en te doen."
"Die Swartbergpas en Meiringspoortpas en waterval en ook Rust en Vrede-waterval is definitief 'n moet om te besigtig."
"Behalwe dat dit so ver van ons is en dit nou moeilik maak om elke dag daarheen te gaan het ons dit regtig so geniet, daar is so baie om te sien en te doen."
"Een van die dorpe wat in my opinie nie agteruit gegaan het soos vele ander nie. Baie skoon en lyk of alles werk."
"Pragtige plek vol besienswaardighede en 'n bonus is die besondere interessante ou geboue en ook vriendelike mense."
"Oudtshoorn is 'n netjiese en skoon dorp. Daar is baie om te sien en te doen. Hoogs aanbeveel!"
"Oulike eetplekke en besienswaardighede, maar die padwerk wat so sloer laat mens twee keer dink."
"Bied alles vir mense uit die stad en is regte platteland sommer net hier naby die stad."
"Ons is gereelde besoekers in Oudtshoorn. Dit is 'n pragtige, stil dorp wat tog alles het wat jy nodig kan kry. Die omliggende berge maak Oudtshoorn prentjiemooi."
"De Rust is 'n mooi dorpie naby Meiringspoort en ek wens ek kon langer bly om De Rust te voet of met my bergfiets te ontdek."
"Oudtshoorn sou ek sê is meer vir die gesoute reisiger wat die groot stede en hul harwar wil vermy. Die omgewing en natuur is uniek en pragtig. Oudtshoorn is vir seker 'n plek na genoeg om dagreise te maak na verskeie plekke in en om die dorp self pensioenarisse en ouer reisigers sal Oudtshoorn geniet. Jong mense met kinders sou ek sê nie heeltemal so nie."
"Aanbeveling na Kaalgat. Kudu is erg plaaslik. Net Vrydae en Saterdae oop vir 'n keuse van 4 pizza’s. Diens was interessant! Nie iets wat ek sal aanbeveel vir iemand nie. Slegs twee opsies van restaurante op ‘n Vrydagaand."
"Very nice place. I loved their antique shops and the hot water pools.The people of Montagu is very friendly ."