Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 2950 reviews.
"Oudtshoorn is verbasend baie goed ingerig as toerismebestemming. Was baie jare gelede daar; met ons onlangse besoek was ek baie in my noppies met Oudtshoorn. Sal ons beslis weer sien, nie net vir die KKNK nie maar sommer vir 'n oorbly of selfs langer vakansie."
"Montagu is 'n baie mooi stil plek, maar ek dink steeds daar is ruimte vir verbetering en uitbreiding veral wat eetplekke betref en ontspanningsgeriewe."
"Ons het die plekkie met sy atmosfeer en interessante mense baie geniet. Almal was gasvry, vriendelik en behulpsaam. "
"Twee aande is miskien 'n goeie idee om meer 'n gevoel te kry wat daar aangaan. Daar is wel oulike kunswinkeltjies."
"Montagu is 'n pragtige dorpie en ons gaan beslis weer daar kom kuier. Ons gaan net wag vir die ergste padwerke om klaar te maak."
"Ons het meer net oornag en was glad nie in die dorp De Rust nie. Nie werklik die onmiddellike toerisme gaan verneem nie. Volgende keer! "
"Die nuwe 'beach pool' by die Guano Caves net buite Montagu was net so groot teffer by ons kinders. Pragtige skoon swembad met hele paar 'slides' en tot 'n platform vir brawes om af te spring en area langs die swembad om uit te span."
"Baie plekke om te besoek nie ver uitmekaar uit nie. Krokodilplaas was baie pret."
"Oudtshoorn is definitief 'n dorp wat baie verskillende aantrekkingspunte het. Ek het by 'n baie goeie restaurant "Black Swan" geëet en dit regtig geniet. Diens en disse was baie goed. Sal definitief in die toekoms my kliënte daarna neem, maar sal definitief vir beter akkommodasie soek."
"Montagu is 'n besondere plek, en 'n "moet" vir elk om te sien. Baie geskiedenis, en baie natuurskoon."
"Ons het 'n troue en onthaal by Seval Olive Boutique se venue bygewoon, wat ons meer as beïndruk het - pragtig en 'n oase in daai dorre gedeelte. "
"I believe that everyone should spend a night or two in this town, and not only drive through on your way to the ocean, or on your way back home! "
"Dit is altyd lekker daar. Die weer is goed en daar is soveel om te doen en te sien en 'n mens kan kies en keur uit die verskeidenheid restaurante."