Verified Reviews
Kleinmond
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kleinmond
Rated 4.7 out of 5 based on 617 reviews.
"As familie is dit reeds vir 30 jaar ons vakansieoord. Ons geniet dit nog steeds. "
"Regtig 'n nice plek om vakansie hou. Baie vriendelike mense en lieflike "laid-back" atmosfeer. "
"Wat 'n puik juweel aan die Kaapse kus! Ek weet nie hoekom ek nog nooit daarheen gekom het met vakansie nie. Daar is allerhande interessante klein winkeltjeis en heerlike eetplekke in Kleinmond en die mense is baie vriendelik. Die strand en strandmeer by Palmiet strand karavaanpark-area is asemrowend mooi en dit het gevoel of ons die enigste mense op die strand is - geen mensgemaakte goed was sigbaar nie - alles net ongerep - die berge, strandmeer, see en voëls. Pragtig. Die pikkewynkolonie by Stoney Point in Bettysbaai is ook 'n moet sien. Kogelberg Natuurreservaat met sy pragtige proteas in die veld en wondermooie rotsformasies is ook baie mooi om te gaan besigtig. Die pad langs die see tussen Kleinmond en Gordonsbaai is asemrowend mooi."
"Baie vriendelik! Was nie 'n vertrapping van mense nie. Goed geleë. Hawe weg is 'n wonderlike tydverdryf!"
"'n Pick & Pay Clothing en 'n Mr. Price sal baie help vir die dae wat die weer jou so bietjie onkant vang."
"Kleinmond is vir ons 'n topbestemming. Mens het nog die gevoel van klein dorpie by die see. Verkeer is minimaal...en die hawe bied lekker kuierplek. Kinders geniet die strandmeer bydie hoofstrand en mens gaan kruip weg ir die wind by Palmiet, waar jy kan swem...roei...braai en die wind los jou uit! Walvisse gesien op ons trippie in Oktober..."
"Rustige kusdorpie met heerlike staproetes en rots paadjies. Ideale plek om te ontspan."
"Kleinmond is n lekker rustige dorpie en dis ideaal as jy wil wegbreek van die besige lewe en net ontspan."
"Nice quiet place, all shops are close by. Great place to take your family or even just friends looking to get away and not having to worry about a thing."
"Ek is 'n gereelde besoeker van Kleinmond, Bettysbaai, Stoney Point, Palmiet en Pringlebaai."
"Kleimond is 'n baie gepaste dorpie naby die see vir toeriste wat wil wegbeweeg van die bedrywige stadslewe, daar is baie mooi staproetes en dit is veilig."
"Dorpie is pragtig en mense baie vriendelik! Wens die plek kan die "klein dorpie" gevoel behou."
"Baie vriendelike mense. Lekker eetplekke en besienswaardighede. "
"Stil dorpie naby genoeg aan besiger plekke, maar pragtige natuur en interessante klein winkeltjies. Besoek die speelgoedwinkel vir iets anders."
"Dit was die eerste keer dat ons in Kleinmond vakansie gehou het. Ons hou van rustiger plekke, maar tog was dit lekker want al die nodige winkels was daar om proviand te koop - en boonop goeie gehalte goed. Ons het niks gemis nie."