Verified Reviews
Klerksdorp
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Klerksdorp
Rated 3.7 out of 5 based on 231 reviews.
"Klerksdorp self was oukei. Ek was net baie gegrief met die toestand van die paaie, selfs in die dorp is die paaie maar baie sleg."
"Ons het net oornag vanaf Nampo maar wel daar aandete geniet. Paar plekke om van te kies."
"Not much to do in Klerksdorp as a whole, but big on commerce and industry for vehicle repairs etc."
"Gerieflik met mediese dienste en baie winkels beskikbaar vir die inkopie-entoesiaste. Ongelukkig lyk die strate nie na wense nie. Daar is baie slaggate. Die agteruitgang van infrastruktuur is teleurstellend."
"Die paaie oral in die dorp waar ons beweeg het was absoluut pateties, swak, vol gate en baie onprofessioneel gelap of gevul."
"Paaie swak. Soek die teerpad om diep slaggate mis te ry. Pragtige dorp wat vervalle geraak het."
"Die strate is vuil, verwaarloos en vol slaggate. Die munisipaliteit laat werklik die inwoners in die steek. "
"Klerksdorp is 'n groeiende, dinamiese dorp, maar die paaie kort ernstige aandag."
"Die paaie is in gehawende toestand. Baie hartseer om te sien hoe alles agteruit gaan. Maar in 'n positiewe lig, met my aankoms in Klerksdorp het ek 'n groep van ongeveer 10/12 mense gesien wat op hul eie inisiatief die paaie herstel."
"Die paaie is in 'n haglike toestand en die dorp is so te sê onbegaanbaar. Die rede vir ons besoek was ons familie wat in Klerksdorp woon, maar ek is bitter hartseer om die dorp in so toestand te sien."