Verified Reviews
Knysna
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Knysna
Rated 4.7 out of 5 based on 1335 reviews.
"Die Knysna van so 25 jaar gelede bestaan nie meer nie, 'n groot jammerte. Alles sentreer nou rondom die Waterfront. Ons het wel die museum naby die stadsaal besoek sowel as die gerestoureerde tronk, maar albei was ook maar 'n teleurstelling."
"Altyd gedink Knysna is 'n bietjie oordoen omdat daar nooit voldoende parkeerplek is nie en te veel bedelaars op die hoeke van die strate. Die malls het egter voldoende parkeerplek en winkels - baie oulik en oorspronklik. Miskien het my siening nou positief geswaai."
"We love Knysna, it has great charm and an individuality which is appealing."
"Knysna heeft een mooie Lagune, klein centrum waar je snel bent uitgekeken. Voor ons was het guesthouse het hoogtepunt van ons bezoek aan Knysna. We hebben nog een boottrip gemaakt om walvissen te spotten, dit was met Ocean Odyssy. Je betaalt veel (800 rand pp) maar in het piekseizoen op een dag met perfecte weersomstandigheden helemaal niets gezien, behalve 1 dolfijn en een zeehond - zeer teleurstellend!"
"Baie pragtige plek, beslis iets om te beleef. Ek sal enige een aanraai om die paradys te beleef. Lekker wegbreek weg van die huis. Daar is iets vir almal om te ervaar. "
"Knysna is sentraal in die Suidelike Kaap, naby Sedgefield, George en Plettenbergbaai. Daar is baie plekke om te besigtig in die omgewing en natuurlik die Knysna Waterfront is 'n moet!!"
"Die plekke wat rondom Knysna beskikbaar was om te besoek was baie 'nice'. Knysna kort 'n waterpark waar kinders kan gaan 'waterslide' en swem. "
"'n Deel van Knysna wat jou rustig laat voel, weg van al die gewoel. 'n Veilige gedeelte waar jy buite kan sit en selfs met jou hond kan gaan stap."
"Wonderlike, hulpvaardige personeel. Ingestel op die toeris en sy behoeftes. "
"Baie gemik op uitlander besoeke. Dink hulle kan die pryse aanpas vir SA ID besithouers."
"Die dorp self doen dit nie meer vir my nie, te besig en parkeerplek 'n probleem. Daar word te veel van dieselfde produkte aangebied en te oorweldigend vir die toeris. Die omgewing buite die dorp en wat alles besigtig kan word is 'n groot inspuiting vir Knysna."
"Dis regtigwaar 'n pragtige plekkie vir enigiemand om net 'n bietjie weg te breek op 'n vakansie."
"Ons probeer altyd in Thesens Island boek, as ons Knysna toe gaan. Die sekuriteit en ligging is ideaal."
"Heerlike eetplekke naby, bv. Senza onder by die "Heads". Waterfront ook lekker vir uitstappie."
"'n Lekker bestemming met interessante winkeltjies. Volop eetplekke wat vir elke smaak voorsiening maak. "