Verified Reviews
Kommetjie
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kommetjie
Rated 4.6 out of 5 based on 86 reviews.
"Buitelandse reisigers mag dit interessante vind. Ek sou dit nie as vakansie bestemming vir my familie kies nie."
"Soms loop daar water in see wat voel of daar chemikalieë in is. Die water het die kinders se velle gebrand!"
"Dit was die eerste keer wat ons in die Kommetjie-area met vakansie was. Dit is 'n baie stil en rustige plekkie. Ons sal weer daar inloer."
"Behalwe die fantastiese strand is daar heelwat om te doen in en om Kommetjie. Ek beveel Kommetjie se pizzas en Scarborough se Hub Cafe aan."
"Kommetjie is stil maar daar is genoeg om te sien en te doen. Dit is naby goeie restaurante en winkels. Dit is ook nie ver van Kaapstad self af nie, baie besienswaardighede in omgewing. "
"Rustige area alhoewel 'n entjie uit Kaapstad en ander omliggende dorpies. Sal weer hier oorbly."
"Kommetjie is baie sentraal en naby aan wonderlike besienswaardighede in hele omgewing. Die uitsig is pragtig en die omgewing bied maklike toegang tot winkelsentrums, restaurante en motorhawens. "
"Baie mooi omgewing en binne bereik van talle ander besienswaardighede."
"Alhoewel Kommetjie nie werklik 'n swemstrand het nie, het ons wel heerlik gekuier op Longbeach en die kinders het lekker visgevang en ons kon lekker stap en die vuurtoring is ook 'n pluspunt! Verder is Kommetjie naby alles in die Kaap en het wonderlike natuurskoon! Ons het die mooiste foto's geneem."
"Very glad we stay over there. Close to everything actually, nice and quiet! Enjoyed it very much!"
"Kommetjie is 'n wonderlike toeriste bestemming vir enige toeris wat die wonders van die natuur wil beleef. Die mense is baie vriendelik. Water is baie koud en meer bedoel vir mense wat wil surf."