Verified Reviews
Kruger To Canyons
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kruger To Canyons
Rated 4.4 out of 5 based on 1697 reviews.
"My asem weggeslaan. Niks behalwe 'n persoonlike ervaring kan die natuurskoon in hierdie omgewing gestand doen nie."
"Die paaie in die dorp en na van die watervalle is onbegaanbaar met 'n normale gesinsmotor. Kon nie orals gaan waar ons graag wou nie."
"Geen straatligte in die nag nie en dit kan uiters bedreigend vir 'n stadsjapie wees."
"Die natuur is pragtig! Jammer die dorpie het so agteruitgegaan en die paaie kort aandag."
"Die adrenalienjunkies het hier verskeie opsies en die rustiger natuurliefhebber besoek 'n ware paradys."
"Gaan gooi eerder brandstof by die Caltex vulstasie as by die Engen vulstasie. Toe ons wou brandstof gooi moes ons lank wag vir iemand om ons te kom help. Die plek was glad nie besig nie, maar niemand wou uitkom om ons te bedien nie. Ek en twee ander voertuie het later maar gery na die Caltex stasie toe vir brandstof."
"Vreeslike mooi natuur. Rustig. Gawe mense. Maar die paaie is vieslik! Baie gevaarlik en kan jou baie duursaam met bande te staan kom."
"Sabie is 'n pragtige dorpie. Baie sentraal om na al die wonderlike besienswaardighede te gaan kyk en terug te kom vir die aand. Kan nie wag om weer daarheen te gaan nie. Die mense is ook baie vriendelik."
"Sabie is nie meer n mooi dorp nie. Vuil en baie slaggate. Tekort aan buitelandse toerisme het die dorpie ’n knou gegee. Die dorp word nie meer onderhou nie."
"Honestly Graskop is an exciting extreme sport from driving and other activities. It's a great site to see. It gives you life again."
"Die dorp self is baie klein, maar jy kan darem die nodigste kos daar kry. Die 2 restaurante wat ons besoek het in die omgewing was fantasties en sal dit vir enige besoeker aanbeveel."
Hazyview-Vakansiedorp, Kruger To Canyons
Hazyhaven Guest House"A great place for a traveling experience."
"Area is verwaarloos en paaie is sleg. Dringende instandhoudingswerk sal gedoen moet word - dit is jammer dat buitelanders en Suid-Afrikaanse besoekers aan sulke verwaarlose besienswaardighede blootgestel word."
"Dit is asemrowend mooi, sal net voorstel dat hulle paaie bietjie herstel, asook die pad na die uitkyk Punt toe wat slegs geskik is vir 4x4."
"Graskop is the ideal location if you're looking to see all the sights in the area. It is central to most attractions. About 40 minutes to the Three Rondavels, with a lot to see along the way. A similar distance to Sabie with a range of waterfalls to see. Graskop Gorge Lift is definitely worth a visit. Tip: Don't trust your Google Maps to get you to all the waterfalls, I'd recommend a GPS or an actual map as a backup. We were taken on some pretty rough backroads that weren't necessary at all! Tip: Watch out for speeding - traffic police are very active in the area."
"Kan sien dat geen opgradering in Sabie gedoen is vir geruime tyd. Pad tussen Sabie en Hazyview is 'n nagmerrie vol slaggate. Die pad is die enigste een in die omgewing wat na al die ander besienswaardighede soos byvoorbeeld Graskop Gorge, Pelgrimsrus ens. lei."