Verified Reviews
Kruger To Canyons
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kruger To Canyons
Rated 4.4 out of 5 based on 1697 reviews.
"Graskop is by verre die beste dorp t.o.v. ligging. Baie sentraal en selfs naby Krugerwildtuin. Ek sal beslis weer daar gaan oorbly."
"Graskop is 'n baie interessante plek en ons was al baie daar gewees. Die beste restaurant is die glas rondawel, nie seker oor die naam nie, maar die kos is ongelooflik lekker!"
"Sal sowaar weer en weer en weer in Sabie gaan kuier. Dis net die paaie wat aandag benodig."
"Graskop die dorp en omgewing is baie mooi skoon en die paaie word goed in stand gehou. Moet sê dat elke plek wat ek besoek het in die omgewing is ons vriendelik gegroet en behandel. Klientediens beteken vir die mense van Graskop nog iets wat belangrik is."
"Most restaurants were closed, but there is one nice one opposite the pharmacy."
"Graskop is a nice place to be and experience the beauty of nature especially God's window, Mac Mac falls, Three Rondavels, Berlin Falls, Bourkes luck pot holes etc. And the weather is so amazing!"
"Volgende keer sal dit lekker wees as die omgewing nie heeltemaal toe is van die mis nie, maar... ons mag seker nie kla nie want die omgewing was vreeslik droog en hulle het die reën nodig!"
"Sabie is 'n pragtige stukkie aarde. 'n Regte toeriste dorpie. Selfs die plantegroei daar is beeldskoon."
"Thumbs up to the staff of Graskop restaurant! Graskop is a quiet town for tourists, nice and clean."
"Sabie is redelik sentraal van al die besienswaardighede. Van die Krugerwildtuin tot by die Sudwala grotte. "
"Sabie is 'n goeie basis vanwaar mens na die Blyde Rivier Canyon (a must see), God's Window, Pelgrim's Rus, ens kan gaan. Sabie self is 'n baie mooi dorp en van die mooiste watervalle is in Sabie (Lonecreek falls was vir ons die mooiste). Daar is ook vele aktiwiteite soos perdry, bergfiets, flyfising, ziplining, ens in en om Sabie."