Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by TravelGround customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 13625 reviews.
"Umhlanga is a beautiful place to visit - which I have been doing since I was a teenager. I do think that building high apartment buildings and more shops and restaurants is spoiling the magic it used to have."
"Margate is oorbevolk met toeriste, gelukkig is Ramsgate, Uvongo, Shelly en ander binne minute se ry."
Central Drakensberg, KwaZulu-Natal
Otters Rest @ Dondini Trout Farm"Suid Afrika se beste natuur-geheim. Maak seker jy kyk na die weervoorspelling. Daar is vier seisoene in eendag. Die mooi en kragtige donderstorms sal jou betower."
"Durban center is not the place to go, but a trip to uShaka Marine World is a good idea, and places north or south of Durban will be nice."
"Sal nie weer in Uvongo bespreek nie. Strand was heeltemal toe oor riool in water. Was nie die eerste keer nie, voorheen was dit ook die geval toe ons daar was. Sal eerder verder op bespreek, soos Ramsgate of Manaba. Teleurgesteld in Uvongo - was gewoonlik 'n puik dorp en strand."
"Water- en riooldienste moet dringend deur munisipaliteit aangespreek word of dit gaan 'n spookdorp word."
"Sal nie sommer Durban (stad) besoek nie maar die buitewyke is pragtig en ons sal beslis weer gaan kuier."
"If you are looking for a simple holiday and enjoy unspoilt beaches then Leisure Bay is the perfect spot."
"Pennington kort so 1 of 2 wegneemeetplekke asook 'n vulstasie. Die OK was so-so, sy voorraad soms bietjie beperk, so 'n groter supermark sal ook nie skade doen nie, maar ek sal enige tyd weer Pennington as strand gebruik."
"Baie mense was baie siek oor die rioolprobleem in die area wat mense siek gemaak het. Ugu is pateties!"
"Baie lekker strand. Alhoewel ons hom glad nie kon gebruik as gevolg van lekkende pyp wat munisipaliteit langer as 2 weke geneem het om te herstel."
"Ons gaan al vir baie jare Margate toe en ons kon nie glo hoe agteruit die dorp gaan nie. Ons verstaan met Covid het dit met baie besighede sleg gegaan, maar daar is nie veel instandhouding van die woonstel-geboue nie. Ons het op 'n deel gaan stap waar die pad blykbaar al 'n hele ruk terug verspoel het en die stappaadjie is gebreek en eintlik baie gevaarlik, maar dit word nie herstel nie. Dit is so gevaarlik dat die pad toegemaak is sodat motors nie daar mag ry nie. Oor die algemeen is Margate die beste vakansiebestemming, maar dit stel bietjie teleur - met al die toeriste wat steeds daarheen gaan kan daar tog sekerlik instandhouding gedoen word."
"Sou great gewees het as die hoofstrand 'n take away gehad het, maar andersins is die 'n lekker strand en Salt Rock is naby verskeie ander strande en winkelsentrums."