Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by TravelGround customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 13625 reviews.
"Umhlanga Rocks het nie net 'n lekker groot strandfront nie, maar bied aan besoekers baie ten opsigte van winkels, restaurante, blyplekke en 'n groot verskeidenheid van aktiwiteite."
"Die naaste dorp/brandstof/winkels en so aan is alles 3 minute se ry. Baie gerieflike ligging!"
"Baie lieflike plekkie. Klein maar baie oulike plekke om te sien. Die natuur is pragtig."
"Uvongo se strand was heel week gesluit omdat die water te vuil was om in te swem. Die kraanwater is ook ondrinkbaar. Die munisipaliteit laat werklik sy toerisme bedryf in die steek."
"Ons gunsteling vakansiebestemming. Ps. die paaie is oorgedoen en definitief ‘n plus!"
"Ballito is a fabulous location. Many swimming beaches, still feels like a holiday town unlike Umhlanga. Many options for meals."
"Baie mooi skoon en veilige strand. Lewensredders aan diens. Die badkamers kort bietjie aandag, nie altyd skoon nie. Scottburgh Mall is baie netjies met al die nodige winkels. Baie nice Checkers naby strand met alles en nog meer. Naby Crockworld."
"Ongeag die Covid-demper was die publiek en winkel-personeel baie vriendelik en behulpsaam. Die Suidkus altyd 'n vriendelike bestemming."
"Dit is sentraal en jy kan steeds ander strande besoek, soos in Doonside. Naby geleë aan die Galleria Mall."
"Durban self trek my nie maar die ander kusdorpe en aantreklikheede het ons baie geniet."
"Fantastiese vakansie dorp. Alles wat mens nodig het. Voëlkyk en wild pragtig. See is heerlik."
"Ons geniet die stilte van Munster en veral om vroegoggend langs die strand te gaan stap. Die swemstrand het lewensredders wat jou gemoedsrus gee. Laagwater is elke keer 'n unike belewenis om dan verby die rotse oppad na Muster strand die poele vol vissies en ander see diertjies te besigtig."