Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by TravelGround customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 13625 reviews.
"Lieflike plekkie, Waffle Huis is 'n moet op jou besoek. Die strande is skoon en pragtig en enige iets wat jy moontlik mag nodig hê is maklik bekombaar."
"Wonderlik! Ek hou elke jaar vakansie in Uvongo, dit is sentraal en stapafstand van enige noodsaaklikhede af. Die strand is skoon en die mense vriendelik."
"Hierdie was ons derde keer in Uvongo. Ons eerste was ons wittebrood, 14 jaar gelede en so 5 of 6 jaar gelede was ons weer hier. Ons hou baie van Uvongo omdat daar 'n hele paar strande in die nabyheid is en sy eie strand is lekker privaat en nie te besig nie. Geniet dit altyd hier!"
"Marina Beach is 'n pragtige area. Die strand is mooi skoon en ons het sommer baie tyd daar spandeer. Ons sal dit aanbeveel vir enige besoeker."
"Underberg is nou een van ons gunsteling stopplekke. The Lemon Tree het ons bederf met middag/ aandete - heerlik. Die Spar was gerieflik net om die draai. Die mense vriendelik, die area ongelooflik mooi en sentraal met baie plaaslike 'plekkies' om te ontdek en baie om te doen. "
"Beautiful beach. Easy to get their from Santorini. To far from any shops or restaurants. Plenty of lifeguards which makes you feel very safe."
"Winklespruit is 'n baie rustige strand en alles wat jy nodig het is in naby omgewing. Heerlike vakansie plek."
"We enjoy the place. Especially if diving and fishing and 4x4 is something you love."
"Ons het net oornag en het net tyd op die golf landgoed deurgebring. Landgoed in baie goeie toestand, spyt ons kon nie langer bly nie. Sal definitief weer van verblyf gebruik maak indien in daardie area. Hoogs aanbeveel."
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
Manzini Chalets"St Lucia is gemik op die buitelandse besoeker en die pryse van aktiwiteite, curios en aandenkings weerspieël dit."
"Ons dink Sodwanabaai is uniek en baie spesiaal. Daar word nie eintlik voorsien aan mense wat interessante, effe duurder maar smaakvolle akkommodasie benodig nie. Dit voel nog te veel soos die studente drinkplek van 30 jaar gelede. "