Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by TravelGround customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 13625 reviews.
"Uvongo sal beslis nommer een op ons lys bly. Die is baie veilig en rustig."
"Jammer oor waterbeperkings. Ons het beslis ons deel gedoen. Inkopiesentrums is naby en prakties. Was net baie besig. Mense is baie vriendelik."
"Goed geleë en naby besigheidsentra. Opvallend skoon en netjiese omgewing asook 'n baie rustige atmosfeer, veral vir mense met kleinkindertjies (ons geval kleinkinders- Oupa en Ouma)."
"Pragtige kusdorpie. Baie goeie restaurante. Baie opsies vir gesinsvermaaklikheid."
"Elektrisiteit is die area is baie goor en wisselvallig, gelukkig het Dumehlezi 'n groot generator wat automaties aanskakel wat dinge baie vergemaklik."
"Het die area meer geniet as Margate. Was stiller en meer rustig as bv. Margate se strande."
"Binnekort sal ek my eie gastehuis daar begin! Of kuierplek in die vorm van 'n restaurant! Of dalk altwee. Sopas my huis in die mark gesit. Dink Mid-Illovo het baie potensiaal!"
"Baie lekker blyplek net jammer munisipaliteit het riool in see laat loop so kon nie swem. As mens see toe ry vanaf Limpopo wil jy graag daarin mag swem sonder om diaree ens op te tel. "
"Die Umtentweni strand is baie goed, die see is heelik om in te swem, die branders gooi jou nie om en rol jou vol sand nie. Die golwe is golwe, nie branders nie. Die parkeerplek is netjies en die strandkafee het alles vir die strand. Die restaurant op die hoek het heerlike kos en geselskap. Umtentweni is baie goed geleë naby groter sentra en rustige natuur."
"Ander dorpe was naby so wat nie daar was nie was nie te erg nie. Het net na volgende dorp gery. "