Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by TravelGround customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 13625 reviews.
"Die beste bekostigbare vakansiebestemming. So 'n pragtige, skoon dorpie. Jy kan in die nag op jou eie gaan stap en steeds veilig voel. Lieflike klein restaurante. Soveel om te sien en te ervaar. Die bos en see bymekaar. Soveel wild om te besigtig. Pragtige natuurskoon. Cape Vidal is ook nie ver daarvandaan nie en absoluut pragtig. Ideaal om te snorkel en pragtige seelewe te sien. Dan is daar Mission Rocks wat ongelooflike mooi see-uitsig het. Absoluut die moeite werd."
"Die aanbeveling na Grumpys was 'n absolute hoogtepunt en dorp is baie skoon en netjies. Baie dankie."
"Mens kan sien Amanzimtoti was 'n baie gesogte plek in die "ou" dae. Dorp is vervalle. Alhoewel geboue oud en vervalle is, word daar darem pogings aangewend om die strand skoon te hou."
"Tydens ons verblyf was die see bruin. Dit het daartoe bygedra dat ons verkkes het om liewer nie te swem nie. Vriende en familie wat onlangs by die Suidkus was het gekla dat hul siek geword het."
"Winterton is a nice small little town with a nice view of the Drakensberg."
"Lekker plek, net jammer van strand wat vuil was en water wat besoedel was."
"Ons was eers skepties om vakansie in Amanzimtoti te hou veral oor die vloede se skade en vuilwaterberigte maar ons was taamlik verras. Die lekkerste wat ons vakansie gehou het in 'n lang tyd. Hoofstrand se water was skoon en niemand het siek geword nie. Ons het die bestemming geniet. Enigste negatiewe ervaring is die wegneemrestaurante/kafees is nie heeltemal voorbereid vir Desembervakansiegangers nie so jy wag ten minste 45 minute tot 'n uur vir kos."
"Die dorp word redelik deur beurtkrag beïnvloed, in so 'n mate dat slegs beperkte winkels oop bly (meeste restaurante maak toe, insluitend Spur) en vleis en roomysopsies is beperk."
"Verblyf was puik, maar Port Edward se besigheidsentrum en petrolstasie is een groot gemors. Vuil en een groot gemors. Dit was my laaste besoek aan die Natalse Suidkus."
"The beaches looked beautiful - such a pity that we could not trust the water due to the recent sewage issues. More than sufficient shops for provisions (Spar and Superspar within short driving distance), together with good restaurants and pubs."
"Mtunzini is een van daai plekkies wat jou dadelik in n vakansie bui sit. Nie te veel winkels nie, maar alles wat jy benodig."
Northern Drakensberg, KwaZulu-Natal
Tower of Pizza"So naby aan ander buitemuurse aktiwiteite. Maklik 'n uur se ry vir enige ander besienswaardighede in ander areas."