Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by TravelGround customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 13625 reviews.
Scottburgh South, KwaZulu-Natal
8 Strelizia Mews"Naby geleë aan Durban en aangrensende dorpe. Lekker dorpie met 'n lekker "mall" om al jou benodighede aan te koop. Ons is gewoond aan laer Suidkus (Hibberdene, Margate) waar daar volop winkeltjies is om aandenkings en geskenkies te koop. Maar met die vakansie kon ons nie sulke winkeltjies vind tussen Scottburg en Durban nie."
"As die meer se mond oop en in verbinding met die see is kan dit baie meer vakansiegangers lok. Ongelukkig is dit die werking van die natuur wat die tonne sand voor die estuary se monding neergelaat het, maar ons hoop en vertrou dat die uitwerking van die Umfolozi (as dit reën) 'n permanente oop riviermonding tot gevolg kan he."
"Winklespruit is a nice place with good shopping facilities for groceries, and a great pizza place close by to the local Spar. It is very close to Amanzimtoti and we spent a lot of time there at the beach and Splash World, which we really enjoyed. We would definitely return to Winklespruit."
"Die plekkie is klein en daar is uit die aard van die saak nie veel op die dorpie self te doen nie. Dit is egter naby baie ander attraksies, wat dit 'n lekker bestemming maak. Die groot aantal gholfbane in die omgewing maak dit 'n uitstekende bestemming vir gholfspelers wat 'n rondte in die oggend wil gaan speel en die res van die dag saam met die gesin wil deurbring."
"La Lucia is well positioned for a visit to Durban & surroundings, and access to the North Coast. Proximity to the King Shaka airport and all the major thoroughfares is a great plus. Umhlanga and all its current mod cons (restaurants, the astounding Theatre of Shopping etc) is nearby and is also a great benefit. "
"St Lucia is 'n pragtige kusdorpie, maar die swak dienslewering van die stadsraad is 'n probleem."
"Nie veel om te doen nie, maar die strande is baie skoon en Margate is nie ver daarvan af nie."
"'n Baie mooi dorpie geleë tussen oerwoud en see in 'n beskermde wildernis, waar mens waarlik rustigheid vind en sommer lekker kan ontspan en uitrus!"
"Dis 'n pragtige bestemming om te besoek. Ek gaan weer Oktober vakansie die area besoek. 'n Naweek is net te kort gewees."
"Ballito is ons gunsteling. Dit is kleiner as Umhlanga en dus nie so besig nie. Dit voel asof jy weg is van die stad. Ignoreer die snelweg en ry eerder langs die kus na Ballito, dan geniet jy die natuurskoon en die pad is in 'n goeie toestand. Daar is genoeg eetplekke om te kuier en oorde waar jy van hulle swembaddens gebruik kan maak. Die strand is pragtig en by Ballito is daar 'n wandellaan wat jou laat stap al langs die strand. Ballito is heerlik warm in die dag, maar wanneer die son sak moet jy jou baadjie by jou hê."
"From Johannesburg the directions to South Beach are straight forward. The entertainment is great, as uShaka Marine World is just down the street, and shopping is available in the next street. What else can anyone ask for?"