Verified Reviews
Leeupoort Vakansiedorp
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Leeupoort Vakansiedorp
Rated 4.6 out of 5 based on 241 reviews.
"Daar was 'n lekker mark wat ons kon bywoon agter die karavaanpark. Dit het so lekker plattelandse gevoel gehad. Ek het voorheen 'n huis daar gehad en het na 16 jaar weer teruggegaan. Dit was nog steeds die vriendelike en mooi omgewing wat die voorheen was. Almal groet. Dit is 'n baie mooi plek vir mense wat lief is vir die natuur en wat rustigheid vir hulle siele soek."
"Wat 'n betemming vir 'n lekker wegbreek en ook vakansie, baie bekositgbaar en 'n plek vir die hele famillie."
"Baie lekker en rustig, diere is altyd 'n belewenis. Kan doen met 'n bietjie meer toeriste-goed."
"As toeris is die Leeupoort taamlik ver van toeriste-aantreklikhede. As 'n vakansieplek en is dit rustig. Jy kan die natuur geniet, ja. Daar is 'n swembad, staproetes en 'n restaurant met lekker etes."
"As jy rustigheid soek is dit die plek om te wees. Puik restaurant. Wonderlik om die wilde diere by jou voordeur te hê."
"Was al baie by Leeupoort privaat en ook deur LekkeSlaap. Meeste diere gesien, maar steeds veilig agter hekke. "
"Dit is 'n baie rustige plek en die feit dat diere rondbeweeg is uniek. In die reservaat beskadig die doringbome wel jou voertuig geweldig, al probeer jy dit misry. Die restaurant en kroeg was baie aangenaam. "
"Heerlike dorpie waar jy net op die stoep kan sit en die diere kom na jou toe. Baie lekker om daar te stap."
"There are so many animals to see, some are so tame they eat from your hand. A great escape form the city and close enough for just a weekend away."
"Leeupoort is die beste plek om te gaan vir 'n naweek of vakansie. Dit is stil en rustig en daar is alles wat jy nodig het om net weer jou innerlike krag te hernu."
"Bekostigbare wegbreek. Kom in baie nabye kontak met wilde diere in natuurlike omgewing. Kon so nou en dan doef-doef-musiek hoor van oorkant die teerpad, maar dit was darem nie te steurend nie."
"Die gesindheid by die winkeltjie was baie onvriendelik en nie baie behulpsaam nie."
"Die dorpie is pragtig en skoon, alles wat een mens nodig het is daar, ons het ons verblyf geniet. En die diere wat vry rondbeweeg is fantasties, ons mag dankie sê vir die dae wat ons daar was."