Verified Reviews
Lephalale (Ellisras)
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Lephalale (Ellisras)
Rated 4 out of 5 based on 78 reviews.
"As jy nie 'n bos- of natuurliefhebber is nie, is daar baie min om te sien en doen as ander plekke. Tog is die lekker om sommer net om 'n vuurtjie te sit en ontspan en dit met die goeie hout wat jy net daar kry."
"I have grown up in Ellisras 30 years ago and it has seen huge expansion overall. I have only been there for business and are not able to comment on the travelling destinations. "
"Dit is n goed ontwikkelde dorp met alle moontlike winkels en griewe waaraan jy kan dink. Miskien bietjie warm in die somer. "
"Die Lephalale Mall is gerieflik geleë en ons het heerlik uitgeëet by die Spur."
"Glo hulle Bosveldfees is 'n groot gebeurtenis en beslis 'n fees om by te woon. Pragtige natuurlewe."
"Was verbaas oor die beheer ten opsigte van smouse en die netheid van die dorp. Sypaadjies is nog oop vir voetgangers! Baie dankie!"
"Baie mooi, die ver ry die moeite werd (ons kom van Pretoria af - so dis relatief)."
"Would be nice if they can just have some kind of document to give to gest of stuff that you can go and do in the area."
"Weet nie rerig wat Lephala bied nie, die myn is naby en daar is verskeie natuurreservate in die area."
"Ons was nog nooit in daardie omgewing nie en was aangenaam verras. Dit is pragtig daar en die mense is baie vriendelik. Ons is voëlkykers en ek dink daar is baie geleenthede vir toerisme en veral voëlkykers. Die Mogolrivier wat so naby is, maak dat daar heelwat voëls is."
"Dis besig langs die paaie in die dorp rond, nie lekker stil nie. Ongelukkig kan mens nie eintlik iets hieraan doen nie."
"Please fix the dirt road to the lodge it is very unpleasant especially for small cars."
"Ellisras kan hoogs aanbeveel word as jagtersmekka met baie wild. Die omliggende jag- en wildsplase is enige toeris se droom. Verder is daar nie veel om oor opgewonde te raak nie."
"Die dorp is netjies met goed toegeruste winkels om aankope plaaslik te doen deur toeriste."