Verified Reviews
Limpopo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Limpopo
Rated 4.3 out of 5 based on 3450 reviews.
"Baie aangenaam. Was die beste ervaring in Pietersburg en die beste plek. Sal dit opreg aanbeveel en al my kennisse daarheen verwys."
"Ons het famile en vriende daar. Die weer is heerlik. Dis die plek om vakansie te hou of om net te gaan rus."
"Mooi plattelandse dorp met vriendelike mense! Kaya Kwa so 10 km buite Thabazimbi is 'n heerlike plek om te kuier en te eet! Koolstoof eetplek binne Thabazimbi. Hulle sal hul kosgehalte moet verbeter!"
"Tzaneen is 'n vreemde dorp, maar het baie goeie toeriste-aantrekkings en doendinge."
"Dis geleë in 'n panoramiese deel van ons land. Die pad soontoe was, ten spyte van padwerke, ook goed. Die N1 en R71."
"Met soveel vakansieplekke in en rondom Modimolle, is dit altyd lekker om daar te kuier. Soms moet 'n mens 'n bietjie meer moeite doen om die plek self te leer ken. Ons het nog net op aanbevelings na sekere winkels gegaan en het nog altyd goeie en vriendelike diens ontvang."
"Ons was baie verras omdat die dorp so skoon is. Dit is sommer lekker om so iets te sien."
"Die Adventures with Elephants is baie goed en 'n uitstappie na Zebula Lodge vir 'n middagete is 'n moet."
"A great place to enjoy your holidays. People are great, friendly and lovely. One will in future consider to go there again. "
"Daar is wel 'n bord by ontvangs om kliënte in te lig dat daar 'n 13% heffing is as mens met enige kaart betaal. Ek sou dink dis iets wat hulle moet by sê as jy jou bespreking maak, en nie eers as jy daar aankom nie. Ek het wel met 'n debietkaart betaal, en daar was nie 'n heffing bygelas nie, so nie seker hoe hulle bepaal wie die 13% heffing betaal nie."
"Bela-Bela as toeriste bestemming is uitstekend geleë vanaf Pretoria. Omring met vakansieoorde om elkeen se sak te pas en aan almal se vereistes te voldoen. Ook die eetplekke en winkelsentrums is gerieflik tot mens se beskikking."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Vrede in Leeupoort Vakansiedorp"Baie mooi plek waar jy kan ontspan en vergeet van alles. Die mense is ook baie vriendelik. Leeupoort sal ons vir seker weer sien."