Verified Reviews
Limpopo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Limpopo
Rated 4.3 out of 5 based on 3450 reviews.
"Please fix the dirt road to the lodge it is very unpleasant especially for small cars."
"'n Mens kan sien Bela-Bela is net 'n toeristedorp. Maar baie lekker en die mense is vriendelik. "
"Bly nou byna 2 jaar in Naboomspruit en ons dorp is binne-kort weer terug op die "map"."
"Oulike winkelsentrum en baie soorte restaurante. Baie toerisme vriendelik en baie beïndruk met die plaaslike inwoners wat so in die verby ry groet. 'n Baie vriendelike dorp."
"Die groter Bela-Bela omgewing met sy verskeie akkommodasie opsies, sal geen Bosveld liefhebber sommer teleurstel nie."
"Ellisras kan hoogs aanbeveel word as jagtersmekka met baie wild. Die omliggende jag- en wildsplase is enige toeris se droom. Verder is daar nie veel om oor opgewonde te raak nie."
"Die dorp is netjies met goed toegeruste winkels om aankope plaaslik te doen deur toeriste."
"Die buite dele en toeriste fasiliteite lyk almal opwindend. Nie so seker van die tradisionele dorp nie, dis vuil en verwaarloos."
"Bela-Bela is 'n mooi en skoon dorp. Die tuine is kleurvol en die mense baie vriendelik en hulpvaardig."
"Pragtige gholflandgoed en ons het heerlik by Pepe's Restaurant geëet. Pragtige dorp!"
"Pragtige skoon dorpie. Geen bedelaars. Omring van pragtige berge met ander opsies vir oornag verblyf of vakansies. Veilige bekostigbare aftree oord. "
"The place is not easily accessible due to lack of signs saying "Lephalale", especially from Polokwane using Seshego Road."
"Dit was die eerste keer dat ons in die omgewing was en nie geweet wat om te verwag nie. Dit is maar 'n klein plekkie en ons moes Tzaneen toe gaan vir inkopies, ensovoorts."
"Die dorp is in 'n redelike swak toestand. Miskien omdat daar haglike padwerke is. Die blyplek by Trados het egter opgemaak daarvoor."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Ons Wegkruip Plekkie @ Leeupoort"Dit is 'n ongelooflike ervaring met die diere wat vrylik in die dorp rondbeweeg. Baie veilig vir stappers en heerlik om te kon rondstap. Sommige van die erwe en huise lyk baie sleg wat bietjie afbreek doen aan die algehele gevoel van die dorp. Wonderlike vriendelike omgewing met mense wat mekaar nog groet in die verbygaan. Het heerlik in die restaurant gekuier en die diens en gasvryheid is puik. Sal beslis weer gaan."
"Bela-Bela is 'n wonderlike Bosveld dorpie met pragtige sonsopkomste en sonsondergange. Lieflike natuur en diere lewe, veral gedurende somer maande. Kan goed warm word maar daarvoor sorg jy net dat jy in 'n woonplek bespreek met lugversorging. Bela-Bela is 'n gerieflike 1 uur vanaf Pretoria. Mens voel altyd vernuwe en ontspanne wanneer jy eers bietjie Bela-Bela toe was."