Verified Reviews
Magoebaskloof
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Magoebaskloof
Rated 4.7 out of 5 based on 429 reviews.
"'n Wonderlike onontginde toeristedorpie wat geen tree hoef terug te staan vir Dullstroom of Pelgrimsrus nie met heerlike eetplekke in die dorp, maar ook in Magoebaskloof omgewing; en natuurlik verruklike natuurskoon!"
"Een van my gunsteling reis-bestemmings in SA. Ongeag van waarheen jy gaan, die omgewing is pragtig."
George's Valley, Magoebaskloof
Waterbessiebos Cottages"Hartlike ontvangs, behulpsame gasheer en gasvrou."
"Daar is so baie om te doen by Magoebaskloof dat jy meer as 'n maand nodig het en baie geld, om alles te geniet!"
"Welig, die plantegroei is nog fantasties en al gaan die res van die land gebukkend onder droogte is Magoebaskloof pragtig. "
George's Valley, Magoebaskloof
The Herb Cottage"Dit is een van die mooiste prag en praal in Suid-Afrika!"
"Dit was ongelooflik lekker en mooi. Sal alle mense aanbeveel om daar te gaan draai."
"Breathtakingly beautiful... So much to see, do, eat and experience... "
"Daar is verskeie aktiwiteite vir die adrenalienverslaafdes. Die natuurskoon is ongelooflik mooi."
"Ons was by die Canopy Tours. Baie goeie ontspanning en gidse."
"Asemrowende natuurskoon - wanneer dit mistig is of wanneer die son skyn. Daar is orals heerlike grondpaadjies om te ry. Minki's coffee shop and Deli in Haenertsburg en Yum Yum Deli in Tzaneen is baie lekker."
"Magoebaskloof is 'n wonderlike bestemming en meer mense moet soontoe gaan. Dis rustig en mooi en die mense is baie vriendelik en die kos is ongelooflik lekker!"
"'n Naweek is net te kort, buiten die pragtige groen natuurskoon is daar verskeie interessante winkeltjies in die dorp en omgewing wat ons graag sou wou besoek. Volgende keer bly ons so ekstra dag of twee."
"'n Mooi bestemming met heelwat om te doen en te sien. Dit word bewoon deur vriendelike en hulpvaardige mense."
"Pragtige plekke om te besoek, te bly en te gaan stap. As jy van die natuur hou, sit dit op jy lysie as 'n plek om te besoek."
"Nogal baie plekke is toe in die feestyd wat jammer is, toerisme daar is nie baie ontwikkel nie. "
George's Valley, Magoebaskloof
Waterbessiebos Cottages"Baie goed maar ek dink daar sal 'n paar addisionele vermaaklikhede bygevoeg moet word."