Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 5062 reviews.
"Plek se netheid laat veel te wense oor! Sypaadjies onnetjies en ongelyk. Hulle kan gerus die pad om die middelste eiland 'n one way maak, dit sal menige probleme oplos. Egter steeds 'n lieflike bestemming!"
"Baie besig met duisende besoekers. Restaurante is oorvol en dit is belangrik om vooraf te bespreek anders gaan jy sukkel om 'n eetplek te kry. 235@clanrens is egter so lekker dat jy net sowel by die huis kan bly en self kos maak. Daar is in elk geval Anna wat stiptelik om 09:00 elke oggend opdaag om skoon te maak. Clarens bly egter 'n baie mooi plek om te besoek. "
"Idillies, perfek, pragtige natuurskoon en meer as genoeg om vir naweek of selfs 'n weeklange wegbreek in Clarens en omgewing te doen. Baie vriendelike gemeenskap! Fantastiese winkeltjies en die keuse van eetplekke om in almal se smaak te val maak dit nog meer spesiaal. Clementines vir 'n heerlike aandete en atmosfeer kan verseker aanbeveel word."
"Dis jammer dat die winkels al 16:00 toemaak en dat sommige restaurante nie elke dag oop is gedurende die skoolvakansie nie."
"Clarens is 'n pragtige dorpie tussen mooi berge. Baie om te sien en lekker eetplekke. Ons kuier gereeld daar."
"If you like a safe place to shop and wander around between restaurants and in nature, highly recommended!"
"Ons was by 'n troue by Zuikerkop net buite Clocolan, daarom het ons hier geslaap. As jy 'n plek soek waar daar regtig niks is vir sover jy kan sien nie, dan is hierdie die ideale wegbreek plek. Ons was egter lekker verras. Die oomblik wat jy begin kyk om te kyk sien jy daar gaan baie meer aan as wat jou eerste indrukke is."
"Dit is 'n heerlike plek om te kom ontspan en die pragtige natuur te geniet. Sal definitief weer teruggaan!"
"Fouriesburg is gevul met prentjiemooi sandsteengeboue, het wonderlike restaurantgeriewe, en vriendelike mense wat pas by die mooi van die platteland. Ek sal reken Fouriesburg is nou wat Clarens jare gelede was voor die vreeslike baie toeriste daar aangekom het. "
"Pragtige dorpie met baie kuns, winkels en restaurante. Dit is beslis iets uniek. Indien u nog nie die dorpie besoek het nie, sal ek beslis 'n minimum 2 dae besoek voorstel."
"Mal oor die plek....mens is ontspanne die oomblik as jy uit die kar of af van die motorfiets af klim...."
"Fouriesburg was 'n aangename verrassing, 'n netjiese skoon dorpie met die mooiste huise."