Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 5062 reviews.
"Ongerep, minder "Hermanus" as bv. Clarens, maar naby alles. Goeie opsie vir diegene wat Lesotho wil besoek, omdat dit so naby is aan die grens en klomp ryery uitskakel, daar is nie groot winkels en apteke nie, so maak maar seker jy het skaars persoonlike items, goeie slaghuis, so kry jou vleis daar."
"Ons verblyf was te kort, het nie die keer Fouriesburg self besoek nie, maar op grond van 'n vorige besoek is dit 'n mooi dorp."
"Heerlike wegbreek as mens wil lekker rus. Sal dalk net help as mens weet watter winkeltjies wanneer toemaak."
"Baie interessante dorp. Ons sou graag meer wou sien, maar omdat ons laat die middag op Clarens aangekom het was baie van die winkeltjies en retaurante reeds toe."
"Dis die moeite werd om 'n besoek aan Clarens te kombineer met 'n besoek aan Golden Gate."
"Dis altyd lekker, vriendelik in Clarens. Party verblyf is duur, Die Kruik uitstekende waarde vir geld."
"Baie mooi ou dorp met baie oulike winkeltjies, bietjie duur, die uitsig oor die berge is baie mooi. "
"Beautiful scenery and lots to do and see - will highly recommend a visit to this little town!"
"Winkeleienaars is glad nie vriendelik nie, asof jy hulle iets skuld as jy in hulle winkel rond stap."
"Die dorpie is beautiful en het dit baie geniet. Lekker geëet en net dit geniet. Die plakkerskamp naby die gastehuis is kommerwekkend en mens kan die musiek en geraas hoor in die aand maar het geen probleme gehad nie. "
"Baie aangename dorpie om te besoek, maar die oorvloed mense was bietjie erg. Kon glad nie plek kry in enige van die beter restaurante in die dorp nie."
"Baie klein dorpie, maar dis special en dis hoekom 'n mens dit besoek en dis naby al die res van die aantreklikhede soos Clarens waaroor die vrouens mal is. As jy bike ry soos ons ook doen is die paaie rondom Clarens-Fouriesburg-Golden Gate awesome paaie om te ry met 'n motorfiets."
"Clarens was nog altyd 'n topklas-destinasie. Solank as wat dit nie verder uitbrei nie, maar net so bly, behoort dit altyd n lekke plek te wees om heen te gaan."
"Vriendelike mense, oulike restaurante, pragtige kuns! Gunsteling naweek-bestemming!"
"Fouriesburg is so not my cup of tea. Die natuur is pragtig en ons kon nie genoeg van die vars lug kry nie maar Fouriesburg is regtig baie klein en ons het gesukkel om 'n winkel te kry om benodighede wat ons vergeet het te koop."
"Klein plekkie met groot skop. Oor 'n naweek is dit 'n besige plek met baie dinge om te sien."