Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3920 reviews.
"Clarens is pragtig, veral as jy die Golden Gate staproetes en attraksies ook in ag neem."
"Baie besig, maar dit verleen 'n feestelike stemming. Beslis die moeite werd om te besoek."
"Lots to do and see in Clarens with the Golden Gate National Park close by to hike."
"Hierdie dorpie het diep in ons harte gekruip. Beslis die moeite werd om te besoek. Pragtige natuurskoon en vriendelike mense. Die regte plek as jy wil kom rus en wegkom van die stad se geraas."
"Die grondpaaie in Clarens is baie sleg en benodig 'n 4x4 om daar te ry. Dit was moeilik om met my polo daar te ry, veral toe dit gereën het. Daar is lekker restaurante, maar die winkels is min."
"Dis 'n pragtige plek - asemrownede uitsigte en natuurskoon - die dorp is so mooi en skoon, dis net 'n plesier om daar te bly."
"Duur vir ons locals. Ons Suid-Afrikaners kan nie altyd hul pryse bekostig nie - meer op toeriste gemik. Anders is die plek pragtig."
"Baie lekker vir inkopies, eet ensovoorts. Wil graag meer en ander dinge doen volgende keer!"
"Firstly the R26 route leading to Fouriesburg from Ladybrand/Ficksburg has a lot of potholes, totally dreadful to drive on. The town itself has a limitation on grocery shops, almost difficult to get what you need and want instantly. Maintenance of the roads also is dreadful, hardly any tar left on the roads."
"Clarens is absolutely perfect! A picturesque town with good restaurants and friendly atmosphere! Good for the mind and soul! Beautiful and gorgeous little town!"
"Baie aangename bestemming. My enigste negatiewe kommentaar is dat meeste restaurante al 18h00 hulle kombuise sluit. Mense met vakansie sou graag later goeie kos wou geniet. Kan die Highlander aanbeveel. Hulle was oop en die kos was lekker."
"Vermaak/restaurante uit die boonste rakke met die pragtigste berglandskap tonele reg rondom. Interessante omgewingsuitstappies soos kaasproe."
"Clarens self is nie meer wat dit was so kort as 3 jaar gelede nie, elke winkeltjie in Clarens verkoop min of meer dieselfde aandenkings wat mens sal kry by 'n mark in die Hartebeespoortdam-omgewing, die karwagte is baie lastig. Dis steeds 'n mooi dorpie, hier en daar steeds 'n unieke plekke, gaan ondersteun gerus Clementines-restaurant, goeie diens en lekker atmosfeer."
"Van die mooiste landskappe in die wêreld. Van die restaurante het teleurgestel, nou en 'n vorige keer in dié jaar ook."
"Ons is gek oor Clarens en al bly ons 'n klipgooi ver geniet ons dit gereeld as 'n naweek en vinnige wegbreek vakansiebestemming!"
"Een van ons gunsteling bestemmings. Naby genoeg aan Johannesburg om vir 'n vinnige naweek te kom."
"Die dorp is in 'n slegte toestand, maar die plase is baie mooi."