Verified Reviews
Manaba Beach
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Manaba Beach
Rated 4.5 out of 5 based on 210 reviews.
"Een van die skoonste strande nog. Sal nie weer Margate of St Michaels of ander omliggende strande besoek nie. "
"Daar was 'n probleem met watervoorsiening in die hele Ugu-distrik: werkers het betoog en die watertoevoer afgesny en dis blykbaar redelik algemeen. Dit sou gehelp het as ek vooraf geweet het. Ek verstaan dit is nie Manaba Breeze se skuld nie. As ek weer in Manaba/Uvongo wil vakansie hou, sal ek beslis vooraf uitvind of daar so 'n probleem is. En: Bly uit die lagoons! Ons het 'n aand in die noodgevalle spandeer en 5 kinders het ingekom vir behandeling nadat hulle in aanraking met die water gekom het."
"Behalwe vir die swak kwaliteit van die drinkwater, is dit 'n uitstekende toeristebestemming. Die seewater is baie helder en lekker warm hier, veral by Lucien-strand. Dit is uitstekend vir 'n dag op die strand."
"Die enigste kritiek wat ek wil lewer is oor die riolering wat (net soos in Hartbeespoort) op die mees ongelëe tye by die pompstasie uitloop. Anders as Hartbeespoort, is die munisipale werkers gou op die toneel."
"Manaba is 'n baie rustige plekkie wat stil is, maar tog baie naby alles sodat jy steeds goed kan doen. Ons het al 'n paar keer in Manaba gebly vir vakansie en is altyd mal daaroor. Die klein strandjie is wonderlik vir my 5-jarige seuntjie om net in die sand te speel wanneer ons nie wil swem nie."
"Ek sou 5 sterre gegee het maar ek was bitter ongelukkig dat Lucien strand nie instandhouding op hulle haainette doen voor die vakansie tye nie. "
"Manaba is sentraal geleë tussen Margate en Uvongo en daarvandaan kan enige bestemming redelik bereik word."
"Excellent travel destination and get-away. Will definitely recommend my family and colleagues to Cor Amore 10."
"Rustigheid net buite Margate en ideaal geleë met 'n skoon swemstrand en ook visvanggeleentheid vanaf die rotse. "
"Manaba is 'n baie lekker plek om vakansie te hou, maar ek dink hulle moet aandag skenk aan die houttrappe wat afgaan na die strand. Die laaste trap is te hoog en onder dit is klippe wat dit moeilik maak om op en af te klim. Verder is Manaba 'n heerlike plek met 'n lieflike swembad en winkels op jou voorstoep. "
"Seker een van die beste en lekkerste dele waar 'n mens kan vakansie hou in vandag se tyd. Sal baie maklik eiendom koop in Manaba!"
"Manaba is 'n baie lekker strand en ek het baie lekker geswem en baljaar saam met die familie en my kinders."