Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.
"Fantastiese vakansiebestemming! Die rustigheid van die natuur en bosgeluide maak dit 'n baie spesiale bestemming waarna ons keer op keer sal terugkeer."
"Dit is 'n lekker rustige plek om net te kan afpak en rus, daar is baie om te sien en doen."
"Baie lekker plekkie, die enigste probleem is die paaie, dit het wel baie gereën, en dit kon lei tot die verspoelde paaie. Mense met lae voertuie sal nie sommer daar kan ry nie."
"Marlothpark is 'n uitstekende rusplek. Hoop daar word binnekort iets aan die strate gedoen wat deur die reën verspoel is."
"Ons is mal oor Marlothpark, geniet altyd ons verblyf daar. Die paaie is net in 'n baie slegte toestand."
"Die paaie kort beslis aandag! Dit was vir ons stadsjapies baie moeilik om met 'n gewone voertuig oral te kon ry. Maar die algehele ervaring was regtig wonderlik!"
"Lief die natuur en het self 'n huis in Marlothpark gekoop verlede jaar. Voorheen bekend as Migrate Bush House."
"Was teleurgesteld by die hoofhekke. Jy kan sommer net inry en dit beteken enigeen kan sommer net ingaan. Vorige kere kon jy net ingaan as jy 'n permit het. Olifantstraat sal ek ook nie in bly nie. Te veel voete en mense wat langs die pad sit en selfs alkohol drink. Hoop as ons in die winter gaan dat die park strenger reëls sal hê wat dit aanbetref. Verder is die park pragtig!"
"Lekker restaurante en winkel as mens iets benodig. Veiligheid is tops. Baie wild om te sien. Rustigheid. "
"Marloth is baie lekker vir 'n wegbreek en ook naby die Wildtuin - baie rondom om te gaan doen."
"Gaan en geniet die rus, dis 'n vakansie wat jy nooit sal vergeet nie. Baie diere, en ook baie mooi en veilige perseel."
"Heerlike vakansiebestemming. Naby aan die Krugerwildtuin. Baie om te doen."