Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.
"Asemrowend mooi en lekker. Sal vir seker mense aanbeveel om daar te gaan ontspan."
"Marloth is tops ─ sal enige tyd weer besoek. Love dit. Rustigheid, bos en diere."
"In Marlothpark is ligging van verblyf baie belangrik. Marlothpark is 'n goeie bestemming as verblyf om die Krugerwildtuin te besoek."
"Marlothpark is 'n lieflike plek om te gaan asemskep en lekker te ontspan en familietyd te geniet. Sal altyd teruggaan soentoe!"
"Park was in 'n goeie kondisie na die reën wat geval het die jaar. Wild was volop en lekker om na te kyk! Die slangebewusmaking-uitstalling by winkel was interessant vir die kinders."
"Die Park is regtig 'n wonderlike plek om die diere van naby te sien en is' n spesiale ondervinding. Oor die Paasnaweek was dit net baie vol, besig en redelike raserig met baie verkeer. Ons kon ook nie by die Kruger Wildtuin inkom nie."
"Shame, the bad rains have badly affected the roads, and it was very bad to drive on the small roads."
"Skraap die grondpaaie veral die wat uitdraai na die huise aan wildtuin se kant, dit is regtig baie erg."
"Fantastiese plek as jy diere wil besigtig. Daar is ook baie akkommodasie beskikbaar. Kyk net mooi waarvoor jy betaal."
"Nog die beste plek om vakansie te hou, ek en my vrou is mal daaroor om hier te kon vakansie hou. Dit is mooi die beste pryse vir ’n lekker wegkomkans."
"Die grondpaaie is in 'n baie slegte toestand. Miskien kan al die eienaars koppe bymekaar sit en ietsie daaraan probeer doen."
"Jy is in die natuur, maar met die gerief van alles wat nodig is. Die diere is spekvet en gesond en die feit dat hulle so naby kom om te vreet, is wat Marlothpark so gewild maak. Daar is puik restaurante, heerlike roomys en 'n tuisnywerheid met vars uit die oond gebak."