Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 3395 reviews.
"Marlothpark is so geleë dat mens vir die dag kan uitgaan in die Wildtuin in. Eintlik kan jy maar net in Marlothpark rondry of teen die draad by die rivier gaan sit om vir diere te kyk. Veral teen skemer het ons nogal baie diere gesien. Genoeg winkels in die omgewing waar mens alles kan kry wat jy nodig het. Ek sal nooit moeg word om Marlothpark te besoek nie."
"Marlothpark is 'n heerlike oorblyplek vir ontspan en besoeke aan die Wildtuin. "
"Marlothpark is uniek in sy eie reg en die stilte en rustigheid is lafenis vir jou gees en siel. Daar moet net na die paaie, veral langs die rivier, omgesien word."
"Ons is baie lief vir Marloth Park. Heerlike boswegbreek met diere oral. Die grens teen die Kruger Wildtuin sorg altyd vir die een of ander raaksien van diere. Die beskikbare restaurante, supermark, slaghuis en sekuriteit maak dit 'n baie gerieflike, bekostigbare keuse."
"Baie naby aan Kruger Park en verblyf is baie mooier en goedkoper. Sal volgende keer oorweeg om daar te bly en net die Park as dagbesoekers besoek."
"Marloth Park is altyd baie lekker. Ek gebruik dit altyd om my baterye weer te laai. Baie ontspannend."
"Bly om te sien sekuriteit by die hekke het verbeter, laat mens meer veilig voel."
"Sommige mense in winkels teëgekom wat daar werk ondanks hulle moet en nie omdat hulle wil nie."
"Marlothpark is 'n wonderlike plek vir vakansie, en ons het eendag drie van die Groot Vyf gelyk gesien aan die oorkant van die Krokodilrivier."
"Ons is baie lief vir Marloth Park en beplan ons aftrede daar. Rus en vrede in die natuur met wild wat vrylik rondloop, wat meer kan mens vra."
"Pragtige plek en omgewing. Sal julle beslis weer wil besoek en, wie weet, dalk 'n aftreeplekkie koop."
"Paradys. Mense wie nie opregte liefde en respek vir diere, wild of mak, het nie, moet assseblief nie hierheen kom nie!"
"Love Marloth Park. Was concerned that people were talking about the crime but that is everywhere now. "
"Ek was die Paasnaweek ook daar en was teleurgesteld oor die agteruitgaan in die park. Maar ek kon die keer sien dat daar daadwerklik aan probleme aandag gegee word. Personeel in winkels en restaurante was ook heelwat vriendeliker."