Verified Reviews
Mc Dougalls Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Mc Dougalls Bay
Rated 4.1 out of 5 based on 116 reviews.
"Heerlike weer en baie mooi. Die strande kan bietjie skoongemaak word veral met al die seegras wat uitspoel en lê en vrot. Dit lok baie vlieë en maak dit dan onplesierig om op die strand te ontspan. "
"Rustige area vir mense wat op soek is na rustige vakansie. Strand is stapafstand. Mense baie vriendelik."
"McDougallsbaai is 'n aangename vakansiebestemming met geen oorvol strande en verdrukking nie. Die rustigheid van die kusdorpie betower regtig 'n vakansieganger. Die inkopiesentrums en restaurante voorsien in alle behoeftes wat besoekers moontlik mag het."
"McDougallsbaai is 'n tipiese onpretensieuse Weskus dorpie. Met die tipiese Weskus weer. Koud in die namiddag en die wind wat geneig is om te waai. Ons het net oorgeslaap van Kaap onderweg na Namibië en het die stop baie aangenaam ervaar. "
"Strand was vol bamboes en baie vlieë. Ek het die Lambertsbaai en Elandsbaai area baie meer geniet, skoon en minder raserige mense."
"Ons het dit as sentrale punt gebruik en elke dag gereis na die omliggende bestemmings (Alexanderbaai, Kleinsee ens.). McDougallsbaai en Port Nolloth op hul eie bied nie veel om te doen of beleef nie."
"Dis 'n wonderlike vakansieplek, ons is verbaas dat die plek nie oorval word met toeriste nie! Ek voel vir 'n verandering of ek uitgerus het omdat dit nie te besig is nie en die paaie soontoe baie stil is."
"Klein genoeg om uit te rus - beslis nie vir 'n besige bytjie, trop-tipe persoon nie. Maar rustigheid is daar beslis, fantasties om met tye alleen op 'n strand te kan wees."
"Ek was 5 jaar laas op McDougallsbaai en wat 'n metamorfose. Het die plek byna nie geken nie. Ou Dr. Bakker se huis is weg."
"Everyone is very friendly in this little town. I've fallen in love with every aspect of it."
"Dis 'n pragtige plekkie, sou graag weer daar wil gaan vakansie hou."
"Die enigste ding wat my afsit is die wind wat gedurig waai. So onplesierig mens kan nie eens buite braai nie."
"Ons was taamlik verlig toe ons in Port Nolloth kom en daarvandaan na McDougallsbaai moes ry om daar na ons verblyf te gaan! Ek dink dit was uitstekend!"
"Stil dorpie met geen verkeer. Vespetti se arbei en kaaskoek melkskommel was hemels."