Verified Reviews
Mookgopong
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Mookgopong
Rated 4 out of 5 based on 301 reviews.
"Dit is gewoonlik ons bestemming vir 'n langnaweek. Son, natuur en skoon lug. Wat meer kan ons stadsjapies vra."
"Mal oor Naboomspruit, was nou al by twee verskillende plekke in Naboomspruit en altwee die moeite werd!"
"Naboomspruit oor die jare is nog altyd 'n knus dorpie waar jy van 5-ster-verblyf, die Groot 5, kamp tot visvang kan beleef. "
"Jammer die huidige munisipaliteit kan nie die dorp reg bestuur nie. Die water en krag probleme moet dringend opgelos word."
"Die dorp self is goor, maar die omliggende gebiede is baie lekker om vir 'n naweek of langer weg te breek. Die mense is vriendelik en die area is mooi en rustig."
"If you want to rest this is ideal. Not for people to go do shopping or that want to go to town."
"Was by Bouncy Croc - uitstekend. Middagete daar baie billik. Sasha's pub - baie geniet, kos heerlik."
"Daar is 'n hele paar toeriste bestemmings in 'n radius van plus minus 50km. Lekker!"
"Ons het op 'n pragtige plaaslike "kuiergat" afgekom met die naam "Sashas Restaurant and Boma Pub" ... baie lekker kos en atmosfeer!"
"Naboom is die beste plek as jy rustigheid soek in die bos en die sterre weer wil wardeer."
"Alles wat 'n mens benodig is daar en dis naby aan Constantia. Moet ook noem van die lieflike restaurant "Die olifant". Hulle het op moedersdag vir ons plek gemaak al was hulle vol. Hulle kos was heerlik."
"Ek dink Naboomspruit het baie potensiaal as 'n toeristebestemming. Die ligging is reg daarvoor en is nie te ver geleë van omliggende areas soos Pretoria nie. Slegs 'n uur en half se ry met 'n voertuig."
"Had a great dinner at Sashas restaurant - pleasantly surprised by good quality food and good service."
"Die dorp is net altyd baie besig maar die omliggende omgewing is pragtig met baie mooi plekkies om te besoek. Dis naby genoeg aan ons in Polokwane om weg te breek en te voel mens is weg van die huis."