Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Sabie is a beautiful area with beautiful places to visit. I would like to recommend that the residents of Sabie try to recruit big stores like Woolies, Checkers Hyper, etc. "
"Absoluut puik. So lekker gewees met diere ens. Die Jabula Lodge se restaurant is puik."
"Dis 'n pragtige plek, maar die misdaad is net so erg soos in Gauteng. As jy veiligheidsbewus is kan jy Hazyview aandurf en 'n heerlike vakansie hê."
"Dullstroom is beslis toerismegeörienteerd: vriendelike en uistekende klientediens en ons het by al die instansies wat besoek was die idee gekry die mense maak 'n plan. Die Mayfly Restaurant is uitstekend, die koffiebarista is puik, die House of Whiskies ook puik, die dame wat die Afrika-dingetjies maak, het sonder te blik of te bloos 'n tafeldoek op 'n Sondagoggend gou gemaak omdat sy nie die grootte in voorraad gehad het vir my groot tafel nie - absoluut puik. Julle 'rock' Dullstroom!"
"Die paaie kort effe aandag. Die grondpad na Marloth is in 'n gehawende toestand en alhoewel die teerpad beskikbaar is, sal dit net geriefliker wees indien die grondpad ook in beter toestand kan wees. Die winkelsentrum is ook baie gerieflik, maar vriendelikheid ontbreek en dit is ook uitermatig duur. "
"Die Wild Thyme-restaurant se kos steek enige ander restaurant in Hazyview, Graskop, Sabie, ens. baie ver verby en die vriendelike diens van Paul af was ongelooflik goed. Ons het beslis nuwe vriende gemaak. "
"Vat die regte pad Marloth Park toe. Daar is 'n grondpad wat ons met ons kar gery het en ek was baie spyt. As ek 10 km per uur gery het was dit baie. Die ergste is dat daar 'n wonderlike geteerde pad was wat net 5 km verder op die N4 was. "
"We had some zebra walking in the yard. You really get to experience the "African wild" up close. Buy your food outside the park though, the local store is quite pricey."
"The town itself is very neat and has friendly people. Lots to see and do. Town needs to fix potholes in and around town. Definitely a town we will visit again."
"As jy met fietse gaan, vat maar 'n reënjas saam, want dit reën baie oor Desember. Gaan kuier ook gerus by die kroeg in die hoofstraat."
"Sal beslis weer gaan sodra die paaie bietjie reggemaak word - die slaggate is regtig vreeslik."
"Sabie is 'n pragtige dorpie. Die mense is baie vriendelik. Ons het welkom gevoel by al die winkels en restaurante. "
"Wat 'n mens nodig het is daar. Baie lekker dorp en vriendelike personeel in die winkels. "
"Maybe upgrade the gravel roads. We couldn't go very far in Lionspruit because of the potholes ... and getting into Marloth Park's gravel road is also hard to drive on. Also, it would help to have a place where you can place what animals were spotted as to help people like me who want to find certain animals. "
"Ons sal vir seker weer in Marloth Park vakansie gaan hou, die omgewing en geriewe is baie goed. Die winkels en swemgeriewe is baie gerieflik, almal is baie vriendelik. "
"Fantastiese plek om af te saal, vriendelikste mense, genoeg geriewe (winkels en restaurante), nie ver weg (± 1 uur) van ander toeriste-aantreklikhede in Mpumalanga nie. "
"Witrivier was baie sentraal tot alle besienswaardighede. Rustige en netjiese dorp om Mpumalanga vanaf te verken. "