Verified Reviews
Mykonos
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Mykonos
Rated 4.5 out of 5 based on 106 reviews.
"As mens na 'n vakansieoord kom om te rus, moet jy nie gedurend luister na musiek wat oor 'n luidspreker uitgesaai word nie. Bo alles, is dit ook nie jou tipe van musiek nie! Dit is net 'n geraas en jy betaal baie geld on te kom luister na ander se gebler. Ek voel dis my reg as ek betaal en daar moet iets aan die saak gedoen word."
"Die hele opset word baie goed georganiseer en die veiligheid aspek is tops."
"Dit is 'n besige vakansieoord wat allerlei aktiwiteite vir oud en jonk bied. Die eenhede is baie naby aan mekaar, daarom is dit nie so privaat en rustig nie. Daar is 'n verskeidenheid restaurante op die strand. "
"Baie lekker geleë, kan vir 'n paar dae hier oor bly en al die omliggende dorpies besoek. "
"Pragtige, skoon area. Pragtige uitsigte. Baie rustig en stil, baie mooi natuurskoon."
"Ons eenheid kort verseker aandag waar dit by maintance kom. Die badkamer veral. Die kombuis was ook nie toegerus met als wat op die inventaris lys was nie, of dit wat daar was is regtig stukkend en afgeleef. Die gloeilampe in die kamer het ook nie gewerk nie. Ons het dit al op dag 1 aan hulle rapporteer maar niemand het na ons klagtes omgesien nie."