Verified Reviews
Namaqualand
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Namaqualand
Rated 4.3 out of 5 based on 1373 reviews.
"Dit is 'n dorp en omgewing wat almal moet besoek en die mense baie vriendelik. Die blomme was regtig uitstaande mooi in die omgewing. Sal dit sterk aanbeveel. "
"'n Lekker oornagplek. Padstal in dorp (Kuiervreugde) lekker plek om te besoek en te eet."
"It was a surprising little town. I would love to have spent more time exploring the place. Really loved the Goegap Reserve close by. We were able to do a lovely hike amongst the flowers!"
"In die regte blommeseisoen, asemrowend, besoek ook omliggende dorpies is waarde vir jou geld."
"Tydens blommeseisoen is dit pragtig, mense is baie vriendelik, winkels en restaurante is baie naby. Dit is regtig 'n lafenis na die stad se gewoel."
"In die regte seisoen kan jy die pragtige blomme sien, winkels en restaurante is baie naby en dan kan 'n mens ook die omliggende dorpies besoek. "
"As mens van die stilte hou met wind wat om die hoeke van die huis sing is dit beslis die bestemming vir jou. Mens hoor geen motors verbyjaag nie. Hoor die jakkalse praat met mekaar. Vir my was dit 'n wonderlike plek. Het nie regtig winkels nie. Vat maar jou kontant saam. Kaartmasjiene is maar skaars daar."
"Definitief 'n moet vir die blomme liefhebbers. Pak net warm klere in vir die aande. Eet soveel skaapvleis as wat jy kan, want jy gaan na die tyd spyt wees. Dis heerlik!"
"Skilpad vir blomme in blommetyd. 17 km van Kamieskroon. Geen ander rede om hier oor te bly nie."
"Die koffiewinkels in Kammieskroon moet net sorg vir beter gehalte koffie en cappucino. Wonderlike blomme op die pad van Kammiskroon na Leliefontein."
"Ons was aangenaam verras met die blommeprag, maar ook met die algemene toestand van die paaie en redelike netheid van meeste van die dorpe! Oral het ons vriendelike diens geniet!"
"Pragtige oop en wye landskappe met baie vriendelikheid. 'n Goeie bestemming vir 'n wegbreek uit die stad"
"Te min tyd daar gespandeer. Pragtige blomme in Nababeeb en Namakwa Nasionale Park. Nie tyd gehad om verder te verken nie."
"What a beautiful reserve! I would love to go again and really explore this reserve."