Verified Reviews
Namaqualand
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Namaqualand
Rated 4.3 out of 5 based on 1373 reviews.
"Die inligtingskantoor was hopeloos. 'n Ander besoeker het ons van die sneeu in Leliefontein gesê en nie die person by die inligting nie, alhoewel ons daar in was."
"Goeie eetplek (Tauren Steakhouse) en baie groot winkels het dit vir ons 'n lekker plek gemaak."
"Dit is waarskynlik een van daardie plekke wat mens net een keer besoek. Die blomme is 'n Godgegewe wonder en elke mens moet dit ervaar as dit enigsins moontlik is."
"Baie oulike plekkie, daar is tekort aan keuse van restaurante. Wimpy maak 3 uur toe."
"Ask and talk to knowledgeable locals ─ they know the area and can advise!"
"Alle fasiliteite beskikbaar en pragtige natuurskoon. Vriendelike mense."
"Bekoorlike plekkie. Was verras om dit tussen die berge te vind. Kleindorpie-gevoel maar groot genoeg met verskeie winkels beskikbaar. Blomme is natuurlik ekstra mooi die tyd van die jaar."
"Die blomme was asemrowend. Ons het welkom oral gevoel. Na grendeltyd was dit regtig heerlik en almal het reis weer waardeer."
"Die blommekyk waarvoor ons daar was het voldoen aan al die negatiwiteit wat Covid veroorsaak het. Die kusdorpies word die swaarste getref."
"Ons sal graag wil teruggaan volgende jaar en meer tyd net in hierdie area wil deurbring. Die mense van die omgewing werk hard saam om die omgewing te bemark aan die toeriste. Die blomme van die omgewing is ongelooflik mooi. Dit laat 'n mens diep nadink oor ons God en skeppingswerk."
"Dis 'n belewenis om vir die eerste keer al die mooi blomme te kon sien. Dis so so mooi."
"Meeste paaie is uitstekend en grondpaaie begaanbaar met gewone motors. Passe vra 4x4 of stadig ry met goeie vryhoogte. Wildsvleis uitstekend veral springbok-wildspasteie. Inligting maar skraps oor besoekers-attraksies. Die kokerboomwoud en waterval noord van Nieuwoudtville beslis nie in die oog van besoekers en tog baie besonders. Wuppertal kan baie meer doen met wat hulle het. Die skoenfabriek amper nie beman, geen teetuin of tuisnywerheid, geen organiese groente en konfeite te koop! Tog baie besoekers. Oornag in Wuppertal soos Leipoldt se gedigte en lewensverhaal meer prominent sê "Die berghaan het 'n veer laat val van die hoogste krans by Wuppertal!""
"Pragtige en vriendelike mense en pragtige wêreld! Die jaar was blomme besonders in sekere dele!"
"The lower season is the highlight but Namaqualand has so much more to offer with its rich diversity of scenery and range of vegetation."
"Baie geniet, ander akkommodasie op ander plekke was puil. "