Verified Reviews
Namaqualand
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Namaqualand
Rated 4.3 out of 5 based on 1373 reviews.
"Baie groter as wat ek gedink het Springbok is. Die dorp het moderne besighede en is binne bereik geleë. Rondom Springbok is klein plekkies wat toeriste beslis kan besoek.Nababeep."
"Besoek die koffiewinkel KuierVreugde op Kamanassie. Ideaal vir veldhardlopers en fietse."
"Small very clean town. Warm and friendly people. Just what some one need to escape from every day busy lifestyle. "
"Ek was so bevoorreg om hierdie jaar die Namakwaland te kon besoek in blommetyd ─ asemrowend mooi. "
"Baie sentraal geleë vir blommekyk, maar 'n baie klein, rustige dorpie met niks te doen, behalwe om die natuur in die omgewing te geniet nie."
"McDougallsbaai is asemrowend mooi en die voëllewe is iets uit die boeke uit. "
"Kamieskroon is maklik bereikbaar vanaf die N7 en die mense is baie vriendelik. Daar is 'n Caltex-vulstasie en drie winkels. "
"Die Namaqua Nasionale Park was 'n teleurstelling. Padaanwysings bestaan glad nie! "
"We often travel in Namaqualand, in and out of flower season, and it always offers something to catch the eye and pique the interest."
"I love Kleinzee. Just make sure to stop at Springbok to buy all the goodies you need beforehand. Not much is open over a long weekend. A lunch at KleinPlaasie was also surprisingly good."
"Oulike plekkie, my eerste keer daar en het dit baie geniet. Veral die strand en die voëllewe. Wil volgende keer snorkel (in die somer!)."
"We really enjoy the Namaqua region, the different seasons show everything from semi-arid to spring flowers."
"Tauren Steak House bied uitstekende kos teen baie billike pryse. Ook goeie wynlys teen billike pryse."
"It is a quiet bay situated next to Port Nolloth. If you want peace and quiet, this is the destination for you."
"Die see het opgemaak vir die grondpad. En die Kleinzee-gemeenskap het opgemaak vir enige ongerief. Ek het my naweek baie geniet. Beslis vir avonturiers aan te beveel, maar gemaksoekers moet maar twee keer dink. "
"Lekker strand vir die kinders om te speel, flaminke en pragtige sonsondergang oor die see is asemrowend. Daar heers 'n rustige atmosfeer. Dit is jammer dat die bedelaars die toeriste konstant lastig val. Dit blyk of veiligheid 'n kwessie is, maar die buurtwag is baie aktief, en dis al! Dis veilig en beskut."
"Dit is 'n mooi dorp op sy eie met sy eie interessante omgewing. Sal eendag langer wil vertoef om meer te leer."
"McDougallsbaai is die regte bestemming vir vissermanne en persone wat hulle nie deur koue water laat afsit nie. Daar is interessante baaitjies met baie seevoëls en robbe wat in die water baljaar. Kinders geniet die growwe sand en poele."