Verified Reviews
Namaqualand
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Namaqualand
Rated 4.3 out of 5 based on 1373 reviews.
"Ek is mal oor Kamieskroon. Trouens my derde besoek! Wat pla? Niks. Weet net. As jy Kamieskroon oor 'n naweek besoek, weet dat jy aanpasbaar moet wees! Los jou huisgeite by jou huis en aanvaar dat die koffiewinkels toe gaan wees en dat brandstof dalk 'n probleem kan wees. Dalk anders in blommetyd. Nietemin, ek hou van die stilte en sal weer gaan kuier."
"Mooi wêreld! Ons bly in 'n pragtige land. Dit was baie droog toe ons daar verby is, maar dit het sy eie prag."
"As 'n rustige vakansie sonder enige tipe bedrywigheid jou plan vir vakansie is, is dit vir jou. Weg van alledaagse gejaag, geraas en verkeer."
"McDougallsbaai is naby genoeg aan Port Nolloth waar alles beskikbaar is. Hierdie is 'n baie rustige deel van ons pragtige land en die mense is baie vriendelik."
"Kamieskroon is 'n goeie beginpunt vir blomme kyk - maar moet "wyer" kyk as net blomkykers - dit is die naaste dorp buiten Springbok waar reisigers kan oornag voordat hulle verder reis. "
"Pleasantly impressed compared with other towns in the Northern Cape and North West."
"Terwyl die dorp op die Kaap-Namibië roete ls, is kommersialisering seker 'n strik waarin entrepreneurs sal trap, maar hierdie dorp blyk, wat gasvryheidsbedryf aan betref, oorgekommersialiseer te wees. Die kapitalisering op die "Springbok" as logo wek ook verwarrend wanneer na "Springbok" Hotel of "Springbok" Lodge of "Springbok" Apartments" ens. op straat verneem word. Op 'n toeriste dorp moet elke klerk, petroljoggie en straatveer weet waar "alles" is. "
"Ek was te kort daar. Het basies oorgeslaap. Ek sien net dat die Namakwaland nog baie het om te verken!"
"Pragtig, pragtig! Ten spyte van die droogte het die Namakwaland sy eie bekoring en pragtige sonsopkoms en sonsondergang! "
"Die atmosfeer was baie lekker. Die mense vriendelik. Die paaie is rof en die dorp is afgeleë, maar definitief die moeite werd om te besoek. Die see sand is wit en sag. Opvangs was maar vrot op plekke wat dit die perfekte vakansie bestemming maak. "
"Eienaar het vir ons 'n kaart voorsien van Springbok, wat vir my baie van hulp was. Daar was baie min inligting soos waar kan mens gaan uitry en sommer net koffie onder 'n boom drink, sulke basiese inligting. Almal soek nie noodwendig 'n restaurant nie. "
"Noord-Kaap jou sy eie bekoring in en ons ondervind dat Springbok 'n baie lekker ontspannende atmosfeer het. Alle belangrike winkels is daar sou jy iets soek."