Verified Reviews
Namaqualand
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Namaqualand
Rated 4.3 out of 5 based on 1373 reviews.
"You have to get it right with the season, then it is spectacular. However without 4x4 you're very limited and a day trip would do as well."
"The beauty of the flowers has to be experienced. A picture just can't do it justice. We loved camping among the flowers. Be prepared for the cold!"
"Die omgewing ongelooflik. Hul grondpaaie is egter van die swakste wat jy kan kry. Selfs die paaie in die Nasionale Park is die swakste wat ek in enige Nasionale Park beleef het. Namakwaland se omgewing en nie net die blomme prag is besonders. Die moeite werd om dit te besoek en weer te besoek."
"Springbok is bekend vir sy sentrale ligging, veral vir blommekykers. Die straatname is duidelik en dit was geen probleem om ons verblyf te kry nie. Net jammer vir die kragonderbreking. Dit het dinge bietjie deurmekaar gemaak, maar steeds was dit nie 'n probleem vir ons nie."
"Pragtigste omgewing en al was daar nie hierdie jaar baie blomme nie, is die omgewing reeds die moeite werd."
"Springbok has everything on offer that one needs, on route or to visit for the flowers."
"Namakwaland is nie net blomme nie. Die landskap is pragtig en alhoewel die blomme 'n bietjie oor was, het ons die landskap baie geniet en die vriendelikheid van die mense oral by die eetplekke en die padstalle."
"Pragtige toeriste plek, pragtige besienswaardighede, vriendelike mense, talle winkels, gastehuise, ens. Oulik!"
"Sal graag wil kom vir langer, veral blommetyd. Die Springbok Lodge is baie interessant met sy foto's en klippiesversameling. Die boekwinkel verskaf goeie verskeidenheid reisboeke. Ek koop altyd 'n boek daar. Die Tauren Steakhouse het 'n lekker vibe en gee die lekkerste steak. Ek beveel die Blue Cheese and Biltong Steak sterk aan!"
"Moet nie enige dorpie in die Namakwaland misloop nie, stop en gaan die klein plattelandse winkeltjies binne. Doen goeie navorsing vroegtydig en doen navraag by plaaslike inwoners en inligtingsentrums. Nieuwoudtville en Garies se inligtingsentrums is uitstekend. Besoek hulle en beplan jou blomme besigtiging volgens hulle voorstelle."
"Die verblyf is oor die algemeen buitensporig duur vir die tipe verblyf."
"Namakwaland het veel veel meer as net blomme om te deel. 'n Mooi mooi deel van ons land."