Verified Reviews
Namaqualand
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Namaqualand
Rated 4.3 out of 5 based on 1373 reviews.
"Meer borde om aan te dui waar mens kan brandstof tap en waar die supermarkte is."
"Ek wou nog altyd soontoe gaan en was baie verbaas dat dit so mooi is. Dit is droog maar dit het 'n skoonheid wat jou net aantrek."
"Springbok is 'n pragtige dorp, maar aangesien ons op 'n Sondagmiddag daar gearriveer het, was daar baie min winkels oop en ons het gesukkel om kos ens in die hande te kry. My voorstel is dat as jy op 'n Sondag arriveer, maak seker jy het reeds alles wat jy nodig het."
"Was aangenaam verras. Was ons eerste besoek aan Springbok. Oulike dorpie. Uitstekende kos by Springbok Lodge."
"Pragtige dorp om aan te doen. Duidelik die snelweg na Namibië van die Kaap. Moet net nie op 'n vakansiedag daar aankom nie, niks is oop nie so maak voorsiening. Alles is daar sou die winkels oop wees wat 'n gemaklike verblyf verseker. Ons besoek baie geniet. "
"Ons was buite die blommeseisoen daar maar het steeds die gasvryheid en rustigheid geniet. Sal dit graag in die blomseisoen wil beleef."
"Glasstukke op die toegang tot die strand. Fantastiese omgewing om in te ontspan."
"Kamieskroon is 'n klein plaasdorpie met ongelooflike vriendelike mense. "
"Beslis 'n dorpie wat jou sal verras en die moeite werd is om te besoek. Dit gee mens 'n goeie indruk van die Namakwa oor die algemeen."
"Kamieskroon is mooi, stil en rustig met die vriendelikste mense!"
"In Blommetyd is die plekkie sentraal en goed geleë. Het die dorp baie geniet. "
"Springbok is 'n baie unieke dorp met sy natuurskoon en klipkoppies. Die blomme is 'n bonus. Almal praat Afrikaans en die eetplekkies baie gesellig."
"So many quaint and interesting things to see and do in and around Springbok. "