Verified Reviews
Nieu-Bethesda
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Nieu-Bethesda
Rated 4.6 out of 5 based on 766 reviews.
"Pragtige, rustige dorpie. Die pad tussen Graaff-Reinet en Nieu-Bethesda is skilderagtig, veral met sononder."
"Pragtige dorpie in die Karoo. Definitief een van my gunsteling plekke om te besoek. Mens kan gerus meer tyd in die dorpie deurbring om die saligheid van die Karoo te beleef. "
"Wonderlike ouwêreldse dorpie. Ons het aan die Lanternfees deelgeneem en in die aanddeur die dorp gestap. Hoogtepunte was die Uilhuis en die fossielmuseum wat wêreldklas is."
"Nieu-Bethesda was 'n aangename verrassing. Ons kan die boekwinkel en deli wat ons besoek het, beslis aanbeveel. Ons sal weer hier kom kuier."
"Dit was 'n wonderlike ervaring! Mooi dorpie en het absoluut heerlik gebly. "
"Baie unieke en interessante dorpie. Ons seun van 10 jaar het die fossiele baie geniet. Ek het al voorheen die Uilhuis besoek wat 'n ervaring op sy eie is. Ons het 'n heerlike, rustige middag onder die koeltebome van The Brewery geniet, die kaasbord en bier was absoluut heerlik, vir seker 'n hoogtepunt!"
"Dor en droog vir nou - lyk my Des en Jan is die warmste maande, so dit kan warm raak in dié tydperk! Interessante plekke om te besoek, veral vir die wat belangstel in fossiele en hulle geskiedenis! As jy van alles wil wegkom en sterrekyk, is dit die plek! Koop 'n uiltjie by die Uilhuis, ry op 'n donkiekar, en gaan kyk na die mooi kerk as jy net daar oornag op pad see toe of huis toe, anders verken die area 'n bietjie langer saam met Graaff-Reinet en omgewing."
"Quirky and quaint little town in the Karoo. Worth a visit if you are in the area."
"‘n Besoek aan die karaktervolle dorpie behoort op almal se emmerskoplys te wees. Bly ‘n paar dae, die rustigheid en stilte is verslawend. Hier is nie brandstof of kitsbanke nie, maar die winkel hou voorraad van meer as net die basiese waarmee jy sal klaarkom as jy niks saamgebring het nie: gevriesde vleis, blikkieskos, meel, rys, vars vrugte en groente (beperk), vars melk, kaas, botter, koekies, roomys, lekkergoed, gebottelde water, ys, toiletware en skoonmaakmiddels, om net ‘n paar te noem."