Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 3234 reviews.
"Sodwana het nie groot winkels nie. Bring jou eie vleis. Daar is 'n Superspar in Mbazwana, so 12km weg."
"Pragtige omgewing. Die plek as jy opsoek is na 'n vakansie weg van besighede en alles wat jy in 'n stad kry."
"Pragtige ongerepte natuur. By hek na Cape Vidal. Klomp opsies van swem- en visvangstrande."
"Versteekte juweel. Mooiste omgewing en lekkerste eetplekkies. Moenie net verby ry Durban toe nie, stop vir 'n dag of 3."
"There is unfortunately not much to do in Richards Bay. Movies, beach and restaurant - fun farm not impressive and food expensive for what you get! Reptile Park very expensive, we were only there for our daughters Matric Dance & doubt if we will go to visit the town again."
"Soos meeste van ons paaie in SA is dit 'n ervaring om via die N2 te reis met talle vragmotors op die roete. Maar St Lucia self maak op vir al die slegte reis ervarings. Die dorp mag dalk te stil wees buite skoolvakansies maar ons het dit waardeer. Die pad na die strand toe is vervalle maar toegangsbeheer verseker dat die area veilig is. Die dorp is skoon en daar is meer as voldoende winkels en restaurante."
"Dorp is skoon, maar dringende aandag moet gegee word aan die rioolreuk in die omgewing. Life Style Village bly 'n treffer t.o.v. restaurante en winkels."
"Mtunzini is ‘n pragtige skoon en veilige dorp met volop geleentheid om voëls te kyk. Daar is ook goeie voëlgidse in die omgewing beskikbaar. Die dorp is baie rustig met 'n pragtige strand en reservaat."
"Eshowe is ‘n pragtige, skoon en veilige dorp met volop geleentheid om voëls te kyk. Daar is ook goeie voëlgidse in die omgewing beskikbaar."
"Ballito is n uitstekende wegbreekplek, weens die kwaliteit van die beskikbare verblyf en die twee winkelsentrums. Daar is 'n verskeidenheid van lekker swemstrande en die voetpaadjie langs die see is tops."
"Beautiful. Natuurskoon. Een van die min plekke in Suid-Afrika wat sy natuur mooi skoon hou en niks agteruitgaan. "