Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Petrol station was good with service and restaurant was nice for a snack and coffee. "
"Ek wens ek kon terugkom vir hulle Apollo Fees en sommer net ook om rustig te word. Op die oomblik grawe die munisipaliteit al die strate vol - ek dink hulle vervang waterpype - ek hoop dat dit binnekort voltooi sal wees en alles weer netjies sal wees. Die Padstal in die Hoofstraat N14 is die moeite werd - skaapvleispasteitjies en groot porsies tuisgemaakte aartappelskyfies. Ek hoop ons kan weer Victoria-Wes toe gaan en nie net verby jaag nie."
"Dis maar 'n ou droë dorpie, maar as jy daar in die week is, besoek beslis die Karoo Deli vir 'n lekker koppie koffie!!"
"Just for the waterfalls. The location is beautiful, but camping needs a serious look at."
"Ek dink Hanover is 'n oulike dorpie en het baie toeriste-potensiaal. Die ingang en uitgang van Hanover moet net mooi skoongemaak en versorg word."
"Ongelooflik mooi, skoon en netjies. Definitief die plek om te wees as jy rus vir jou siel nodig het."
"Die strate se beligting redelik ondoeltreffend. Sonder GPS verdwaal jy maklik, want die straatname is nie duidelik sigbaar nie. "
"Nie veel om te doen nie. Baie sprake van SKA, maar niks om te sien nie. Die museum is skoon en netjies in 'n pragtige ou saal."
"Almal in Kathu het ons baie vriendelik ontvang en het uit hul pad gegaan om ons verblyf aangenaam te maak."
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Dis Al! Akkommodasie"Dit is 'n interessante wêreld. Dit was 'n eerste besoek dus was alles redelik oorweldigend heeltemal weg van die beskawing, natuur en see is anders maar tog genoeg om te sien en te doen. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam. 'n Plek wat jy op jou bucket list moet sit as jy daarvan hou om die onbekende te verken en om meer van die Weskus te leer en te ervaar! Sonsondergange is onbeskryflik mooi. Sal weer hier wil kom kuier!"
"Ons het baie lekker gebly en dit was 'n plesier om Prieska te besoek. Die Fort is kleiner as wat jy dink. Die mense se harte is groter as wat jy dink. Besoek gerus Excelsior se Antique Town en drink 'n doppie by die John se Saloon."
"Kleinzee is ongelukkig 'n bietjie ver geleë en toegangspaaie is relatief swak. Indien die toegangspad vanaf Port Nolloth verbeter word behoort Kleinsee baie meer toeriste te lok. Pragtige strand en rotspoele. "
"Rustig en vriendelike mense. Mens kan weer in kontak kom met jou innerlike oor die skoonheid van die omgewing."
"We visited Kathu, Kgalagadi and Augrabies. We enjoyed these places a lot, but other than this there isn't much to do. "
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Peaceful Place"My gunstelingplek van nou af. Skoon, vriendelik, stil en baie rustig."