Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Mooi skoon klein dorpie. Die nuwe Spar was 'n aangename verrassing. Ons het by die Spar die lekkerste sosaties en wors gekoop om te braai. Het ook 'n draai by die Pienk Padstal gemaak, vars droë perskes, dadels en rosyne gekoop. Die Augrabies-waterval is 'n moet."
"Vars vis te koop by die hawe is lekker en die res van die gemeenskap is vriendelik."
"'n Baie skoon en interessante dorpie. Ideale plek om oor te slaap wanneer 'n mens moeg gereis is en 'n halfpadmerk soek om te rus op pad Kaap toe. Die mense van die dorp is vriendelik en is daar ook oulike restaurante om by te eet."
"Soos die meeste stede in ons land is daar maar probleme met onderhoud, maar oor die algemeen 'n baie goeie ervaring alhoewel ons net oorgeslaap het."
"Dis 'n baie klein dorpie met baie ou geboue. Beslis 'n oornagstop en rusplek."
"Ons het nie veel van die dorp gesien nie, het laat daar aangekom en weer vroeg gery. Was bly om 'n winkel te kry wat so laat in die aand oopbly. "
"Baie afgesonder en soms moeilik om soontoe te ry maar dis absoluut deel van die pret en avontuur. Pragtige plekkie."
"Victoria-Wes, is 'n heerlike dorpie om vir 'n nag of twee oor te staan. Dis 'n baie skoon, vriendelike en gasvrye dorpie. Beslis die moeite werd om te besoek."
"Netjiese skoon dorp met baie oulike restaurant. Williston Mall is 'n interessante besienswaardigheid. "
"Pragtige historiese dorp. Besonderse kerkgebou. Net jammer dat dit soos so baie klein dorpies in Suid-Afrika so verwaarloos geraak het. My hoop is dat die sakelui, burgemeester en inwoners van die dorp gereeld sal vergader om oplossing te vind om die dorp in stand te hou."