Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Sal dit aanbeveel vir enige iemand om te gaan besoek. Dit is 'n pragtig plek sonder al die luukse huise wat op so baie ander plekke te sen is!"
"Ons reis al vir jare deur Carnarvon en is ons halfweg stasie vanaf die Rand, baie lekker stil plekkie."
"Die Oog is 'n sterk aantrekking, maar dit is slordig versorg en die omheining is sodanig dat mens nie naby die water kan kom nie. Skep die indruk dat dit nie instand gehou word nie."
"Stil en rustige omgewing en gerieflik geleë om museums, kunsgalery en ander besienswaardighede te bereik."
"Ons was op pad na Sutherland en plaaslike mense het ons aanbeveel om via Matjiesfontein om te ry. Ons was aangenaam verras. Dis 'n pragtige pad en Matjiesfontein is 'n fees."
"Klein dorpie met nie veel om te doen, soos mens verwag. Ons het die museum besoek en dit was 'n goeie ondervinding. Die personeel baie vriendelik."
"Mooi Karoo-dorp. Het Chris Schoeman se "The historical Karoo" publikasie nuttig gevind om historiese geboue & besienswaardighede in dorp te vind."
"Was verbaas oor die hoeveelheid goeie restuarante. Het lekker geeet by Inni Kraal."
"Keimoes is so 'n mooi deel van ons land. Net jammer dat, soos met so baie ander dorpe, die munisipale dienste net nie meer op standaard is nie. "Plastiekblomme" (rommel langs die pad) doen dit net nie vir ons nie. Ons bly egter hoopvol dat 'n kultuur van omgee vir die natuur en omgewing by alle inwoners van hierdie mooi land sal posvat. In die kusdorp waar ons woon, dra ons 'n rommelsak saam wanneer ons gaan stap en spreek rommelstrooiers vriendelik aan wanneer hulle mors. Hopelik maak ons hierdeur self 'n verskil. "
"Daar is nie veel om te doen nie. Daar is wel 'n voelskuiling vir voelkykers en lekker vis en skyfies by die Blikbord restaurant! Die natuur is ongerep en kus is pragtig, maar nou is dit baie droog."
"Kamieskroon is in 8 jaar tijd gegroeid als onderkomen voor reizigers en rustzoekers. Er is meer onderkomen die bij deze tijd past, rust en natuur."