Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Pragtige skoon dorp met vriendelike inwoners, gerieflike B&B en besonderse eetplekke. "
"Die Williston Mall is 'n belewenis! Die dorpie is netjies, rustig, atmosferies en veilig. Dit lyk nogal, as mens vergelyk met 'n paar jaar gelede, asof Williston 'n nuwe trots ontwikkel. Daar is nuwe gastehuise wat uitstekende akkommodasie bied."
"Nie juis baie besienswaardighede nie, maar 'n ideale plek om te ontspan. Dit is wel 'n goeie plan om vanaf Soebatsfontein deur die park te ry tot by Skilpadplaas. Let wel: Die voertuig moet hoog wees om oor baie hoë keerwalle te ry!"
"Baie mooi dorp met 'n rustige atmosfeer. Ons het baie lekker geëet by die Merino Restaurant. Pragtige Karoo argitektuur."
"Mooi historiese dorp met pragtige Karoo argitektuur. Dit lyk asof die nuwe munisipale raad ekstra moeite begin doen oor netheid en ontwikkeling. Definitief die moeite werd om hier oor te bly. Besoek ook die Kingwill Deli en Coffee shop! En daar is 'n staproete op die berg."
"Ons het Springbok besoek as deel van ons blommetoer - moeilik om dit as 'n bestemming te sien die res van die jaar."
"Baie mooi plattelandse dorpe. Sou langer wou oorbly om meer goed te sien en doen, al sou dit net wees om meer met die plaaslike mense te kon gesels. "
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Soutpan Safarikamp Port Nolloth"Ek sou graag by Mc Dougallsbaai se kampterrein oornag het. Dit was my eerste keuse, maar julle het my in kennis gestel dat al die huisies by Mc Dougallsbaai-kampterrein vol was. Dit was nie die geval nie. As toeristebestemming is dit 'n aangename plek."
"Britstown is ‘n rustige dorpie met baie vriendelike en bedagsame inwoners."