Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 8081 reviews.
"Kleinzee is 'n heerlike wegbreek van die gewoel van die besige stadslewe. 'n Kans om weer te onthou hoe dit was toe jy nog al jou bure geken het, en toe daar nog 'n omgee was vir mekaar. Toe jy nog moes wag vir markdag. En wanneer die hele dorp bymekaarkom vir sportdag. 'n Lekker kykie in die goeie ou dae."
"Dis 'n baie lekker rustige plek, maar ook lekker koud, maar uit en uit die moeite werd."
"Die dorpie self is maar redelik verwaarloos en daar is nie eintlik 'n winkel om van te praat nie. Ekonomies gaan dit maar swaar. In die blommeseisoen verkoop die NG Kerk vleis en gebak by hulle saal om geld in te samel. Die omgewing is asemrowend mooi en daar was 'n "restuarant" in Soebatsfontein se Kerksaal waar ons die lekkerste melkskommels gedrink het."
"Vanderkloof se omliggende paaie is nie in die beste toestand en verlang dringend aandag. Die dorpie self is baie aangenaam."
"Die kerk en die museum is 'n moet-kyk. Die Die Ketel Koffie Huis en tuisnywerheid is ook 'n treat."
"Mooi skoon dorp, uit vorige ervaring. Laat aangekom en vroeg weer gery. Was net bedoel vir oornag op 'n lang pad."
"Slegs in blomtyd, en as die geluk jou tref dat dit 'n herder sonskyndag is sonder wind, wolke, ens. dan is die "blomme-ervaring" in omgewing van Nababeeb onbeskryflik en onvergeetlik."
"Certainly worth a visit. Very interesting people live in this town, so far from anywhere."
"Garies is 'n pratige dorpie met die vriendelikste inwoners omring met die mooiste natuurskoon."
"Calvinia is 'n oulike, plattelandse dorp wat natuurlik dié tyd van die jaar pragtige blomme het."
"Victoria West is a small town with a culture-rich history worth finding out about."
"There is very little to see and do in Port Nolloth. It is very remote. There aren't many places to eat. We had dinner at the hotel and the food was average. The flamingo birds were feeding in the shallows of the sea, an amazing sight."
"Kamieskroon is in 'n pragtige omgewing geleë en is die perfekte basis om die Namakwaland-blomme te gaan kyk."
"Mooi, ou huise en die dorp skep 'n goeie indruk. Blommetyd is die beste tyd om te besoek. Baie mooi omgewing ook."