Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Stil, rustige, netjiese dorpie met vriendelike mense en 'n supermark wat in alle behoeftes voldoen."
"Groot plek en redelik netjies- goed as 'n deurgang na ander plekke. Ons het die mall se netheid geniet."
"Daar is baie onontdekte juwele in die Noord-Kaap wat beslis die moeite werd is om te beleef."
"Hang af wat jy daar wil gaan doen. Gaan stap, fietsry? beslis! Op pad na ander bestemming? Ja."
"Was baie verras om die dorp so skoon te sien. Alles het gelyk as of dit so moes wees. "
"Enige negatiewe kommentaar: paaie om Kleinzee nie goed nie, maar die mense in Kleinzee en Port Nolloth so vriendelik en behulpsaam."
"Dit was lekker in die middel op pad Jhb toe, maar lawaaierig. Maar nie 'n slegte keuse vir slegs 'n nag se oorslaap."
"Pragtige dorpie waar mens net kan rustig raak. Jammer ons het net oornag en vroeg oggend gery. Sal volgende keer die dorp wil verken."
"Hondeklipbaai is baie lekker as jy wil weg kom van alles. Ek het nie MTN-sein gehad waaroor ek eintlik bly was. Die winkels wat daar was is net baie duur, maar dit verstaan mens ook want die pad is maar sleg."
"Die dorp is gerieflik op die kruispunt van vele roetes geleë en daar is heelwat om te doen en te verken in die omgewing. Alle dienste en fasiliteite wat mens mag nodig kry, is beskikbaar en die mense is vriendelik en gereed om te help."
"Vir die tyd van die die jaar was daar nie veel te sien nie, maar dit bly lekker om daar te wees."
"'n Rustige en egte Karoodorp, weg van die gejaag, met die nodigste dienste beskikbaar en die mense is so vriendelik en behulpsaam. Dit maak oornagbly in dié omgewing heerlik en aan te bevele."
"Ek kon nie alles sien wat ek wou nie. Tyd is te kort, maar dit wat ek gesien het was puik, en die mense in Upington baie vriendelik. Kom weer terug volgende jaar."