Verified Reviews
Oudtshoorn
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Oudtshoorn
Rated 4.6 out of 5 based on 1685 reviews.
"Oudtshoorn is beslis 'n groot toeristebestemming en die hele omgewing is daarop ingestel om gaste vriendelik te ontvang. Ek dink net van die plekke vra buitensporige pryse vir die aktiwiteite wat hul aanbied, terwyl ander weer net reg geprys is."
"Oudtshoorn kan sterk aanbeveel word vir gesinne wat wil rond toer, kinders vermaak en lekker eet!"
"Toeristebestemmings is die moeite werd, maar die dorp self is baie verniel en paaie is in baie swak toestand. Dis 'n jammerte!"
"Al die gidse was uitstekend, vanaf Cango Wildlife Ranch, deur Cango Ostrich farm tot by Kango Grotte. Oudtshoorn het die toerisme gees - Kaapstad kan gerus bietjie leer by hulle."
"Lekker plattelandse omgewing met baie aktiwiteite om te doen as gesin, goeie keuse van restaurante."
"Pragtige dorp, met baie besienswaardighede. Het dit verskriklik geniet."
"Dit is 'n baie rustig plek waar 'n mens nou die natuur kan waardeer en geniet. "
"Heerlike aktiwiteite vir die gesin en kinders, ons was by Wilgewandel en het heerlik daar op donkiekarre gery en ons as ouers kon heerlik sit en koffie drink. Vermaak vir die hele gesin."
"Was daar vir rugby maar die seuns het die olifante en volstruise baie geniet. Toer was kort maar baie lekker."
"Die dorp het dadelik ons harte gesteel en ons kan nie wag om weer te kom kuier nie. Mense is vriendelik en behulpsaam en dorp is silwer skoon. Wat 'n plesier!"
"Daar is baie dinge om te doen en die klimaat is heerlik."
"Dorp is netjies en baie sentraal geleë. Om regtig waarde vir jou geld te kry sal 'n twee weke verblyf te kort wees want daar is so baie om te sien vir almal. Van historiese gedenkwaardighede tot eetplekkies ens. ens. ens. Ek sal weer 'n draai in Oudtshoorn maak."
"Daar is baie om te doen en daar is oulike plaaslike restaurante om by te eet. Die dorp is ook baie skoon en netjies."
"Het die Kango-grotte baie geniet. Die mense was vriendelik en ons het die gids baie geniet."