Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Een van dié mooiste kusdorpies in ons land! Sprokiesmooi! Heerlike restaurantjie reg op die strand waar die kinders speel. "
"Soek 'n mens avontuur is 'n besoek aan die grot aangewese terwyl 'n staptog deur die bekende Kassiesbaai met sy historiese vissershuisies wonderlike fotografie geleënthede bied sonder dat jy 'n vliegkaartjie na Griekeland hoef te koop. Gaan eet vis en chips by Milenes in Kassiesbaai en koop sommer van die lekker droë rooikrantz hout vir die aand se braai. As die vis nie byt nie en die Suidoos waai, kan wynliefhebbers Arniston gebruik as vertrekpunt om die Jean Daneel kelder buite Napier te besoek om uitstaande witwyne te proe en te koop. Die gees van Bachus sal die dorstiges verder lei na Strandveld, The Berrio en Black Oyster Catcher kelders by Elim wat normaalweg te vêr van die gebaande weë is. Gaan besoek die L'Agulhas ligtoring en leer iets van die strandveld se geskiedenis en koop op pad terug by Struisbaai 'n vars vissie om op die kole te sit. Wie benodig dan 'n Mall?"
"Lots of little gems close by so take the time to go and explore. Grotto Beach so beautiful and definitely worth a visit."
"Een van die skoonste/netjieste dorpies wat ek in 'n lang tyd gesien het - absoluut pragtig!"
"Hermanus in October was stunning with all the natural wild flowers in bloom a truly amazing sight. This year the whales were shy, we only spotted a few. Lots to do and see."
"Veilige, vriendelike dorp waar jy heerlik kan ontspan, wegbreek van die stad se gejaag, maar jy het steeds alles wat jy nodig het. Ons sal definitief teruggaan."
"Ons het die kus wandelpad gestap. Die wandelpad is so goed versorg en daar is baie wagte wat die wandelpad patrolleer. Fantastiese natuurskoon. My enigste kritiek is dat daar nie by Proteastraat 'n bord is wat aandui waar die wandelpad weer hervat by Sim-straat nie."
"Lieflike natuurskoon, lieflike besienswaardighede in die omgewing. Sal beslis weer besoek!"
"Quaint but quiet little town. Arniston (beach) and wine farms within a reasonable driving distance."
"Ons het die kuswandelpad gestap. Dit was 'n heerlike uitstappie. Die uitsig is wonderskoon. Kleinmond kan ook die wandelpad beter bemark en veral aandui dat die wandelpad nog ver aangaan vanaf die hawe Kaap se kant toe."
"Dit is die rustigste dorp, met die vriendelikste mense. Mens voel so tuis."
"Dis 'n aangename vakansiedorp indien jy rustigheid verlang."