Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Witsand en omgewing is baie mooi en skoon. Uitstappie met die pond oor die rivier was uniek en die moeite werd."
"Nee, maar moet maar versigtig wees as jy stort om nie te struikel nie."
"Nice town with historic buildings around the Drostdy house/museum. Bontebok NP also worth visiting."
"Vandat ons self kinders was, is Struisbaai ons vakansie plek. Eers 'happy campers', maar deesdae verkies ons dit om 'n huisie te huur a.g.v die onvoorspelbare weer in Maart/April. Ek was vanjaar teleurgesteld met baie van die restaurante wat regtig te duur is met die kwaliteit van kos & diens wat hulle gee. Zuidste Kaap & Sea Shack kom egter hoogs aan te beveel. Jy het definitief nog nie roomys geëet as jy nie 'n Sea Shack roomys op die strand geniet het nie. Ons het die fietsryery vreeslik geniet en was dankbaar om te sien dat die munisipaliteit 'n 'walk way' gemaak het om die draai na L'Augulhas toe. Die strand is redelik veilig vir kinders & vakansies is daar gewoonlik lewensredders op sentrale punte. So, of jy hou van visvang (charters beskikbaar vir diepsee) en of jy net wil boeklees op die strand, op Struisbaai is daar iets vir almal om te doen sonder om pappa se sak te veel te ruk."
"Pragtige plekkie, vriendelike mense, beslis 'n groot familie-vriendelike vakansie plek. "
"Net jammer die verkeer was bitter sleg van Somerset-Wes tot in Hermanus en terug!"
"Pragtige plek, alhoewel ons nie veel gesien het nie. Het die aand by 'n restaurant geëet en toe ons terugry na Fisherhaven toe is die krag af en het ons verdwaal, maar gelukkig vir GPS het ons darem weer by ons bestemming gekom."
"A piece of heaven on earth. First experience in Kleinmond, but definitely mapped for future holiday getaways. From the locals to the most exciting shops, especially Bloubakkie, to the beautiful lagoon and breathtaking sea/views, and not forgetting King Fisher well situated and equipped apartment!"