Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"L'Agulhas is n pragtige dorpie met heerlike eetplekke, vriendelike mense en baie om te doen. Die strande in die omgewing is asemrowend!"
"Besoek die suiderstrand en luister hoe die golwe op die klippies breek. Besoek die pylstert in Aghulas hawe - as jy gelukkig is, kom hy uit as daar mense is."
"Pragtig, maar vreeslik stil. Restaurante vreeslik duur. Gedurende beurtkrag is dit 'n nagmerrie, want net die kruidenierswinkel het krag. Dis goed om daar af te tree na jare se gewoel in die stad as jy rus en vrede soek. Nie vir gesinsvakansie met jong kinders nie. Nie veel om te doen nie. Maar die dorpsmense is vreeslik aangenaam en vriendelik."
"Most vibrant little town. Every thing you can possibly need. The Spar is has more products than most big town shops. Gansbaai has everything for everyone. From craft and material shops to the best fish and chips ever."
"Heerlik stil, rustig en hope plek op strand om te baljaar met jou dierekind."
"Gansbaai is 'n pragtige plekkie wat baie netjies is en oor als beskik wat jy nodig mag kry. Ek sal beslis ook Tolbos Restaurant aanbeveel hulle kos en diens was puik."
"'n Baie mooi plattelandse dorpie waar jy sielerus kry en net kan ontspan. Saterdagmark was heerlik en al die staproetes was so lekker. Restaurante voldoen aan die hoogste verwagtinge. Ons sal Greyton vir seker weer besoek."
"Kleindorp atmosfeer, baie vriendelik en behulpsaam. Bly om 'n intrekker te wees in die platteland."
"It is a beautiful and quiet area, suitable for people who really just want to unwind."
"Fisherhaven is afgeleë en is nogal 'n hele ent se ry van alles bv .winkels, strand, ens."
"Stanford is a hidden gem there are great restaurants and attractions. It is close to Hermanus so you can enjoy the beach and those attractions as well."
"Hermanus is besig om op my te groei. Voorheen was hy vir my te besig, maar hoe meer gereeld ek hier besoek aflê, en al die pragtige plekke langs die kuslyn leer ken, hoe meer hou ek van die dorp."
"Fantastiese bestemming weg van die gewoel van die stad, al is dit net vir 'n naweek. Dis nie te ver nie en dis 'n bonus. Jy spandeer kwaliteit tyd met geliefdes/vriende en voel heeltemal herstel na so 'n vakansie. Dit laat jou besef hoeveel jy uitmis in die lewe as jy nie na plekke soos Greyton wegbreek nie. "