Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Bonnievale is a maze to tourists. Finding the correct number to reach the right person is an adventure in itself. "
"As jy rus en vrede soek en jy wil graag wegbreek uit die stad, is Napier net die plek vir jou. Dit is ook baie bekostigbaar."
"Very scenic part of the country with hills and farmland, but not really much to do."
"Hermanus is altyd bekend as die plek om walvisse te kyk, maar na hierdie afgelope langnaweek dink ek De Kelders is eintlik die plek vir walviskyk. Ek het selfs een gesien net agter die bamboese, seker 100 m van die kus af."
"Kan dit beslis vir enige natuurliefhebber aanbeveel. Let net daarop hier is geen winkels of OTM's nie."
"Pragtige natuur en natuurlik die walvisse - hulle was volop. Dis 'n rustige omgewing."
"Pragtige area, besoek dit baie graag wanneer ons geleentheid kry."
"A nice little place very quiet, for resting it is the perfect place surrounded by farms. We enjoyed it very much."
"Witsand, in my opinie, is 'n ongeslypte diamant. Die area se walvistelling is elke jaar hoër as Hermanus, en hulle spog as die 'whale nursery' van die kuslyn. Ons het dit inderdaad so beleef. Dis 'n klein kusdorpie, met 2 winkels, 'n klein kerkie, 2 restaurante teen die strand en vakansiehuise. Dit is verseker pretensieloos aan die ou kant, maar soos by meeste plekke is dit effens bederf met 'n nuwe landgoed ontwikkeling by die ingang van die dorp. Uit 'n ontwerpsoogpunt voel die dorpie effens perongeluk. Daar is min in die lyn van bakens, of enigiets wat as leidraad dien om jouself te oriënteer. In hierdie geval dink ek Witsand het potensiaal om 'n bestemmingsdorpie te word met egte bekoorlikheid. Witsand se mense, aan die ander kant, is baie vriendelik en aangenaam, en trots op hulle dorpie. Ons sal verseker teruggaan."
"Ons het ons eerste oggend na die see toe gestap en op 'n groep stropers afgekom. Daarna onveilig gevoel en die see vermy."
"Oulike, rustige plekkie langs die kus. Maar, mis 'n bietjie "magic" van ander kusdorpies soos Stilbaai of Arniston."